Berlynse muur traak jong Duitsers min

Negentien jaar na die val van die Berlynse muur, verdwyn sy historiese skaduwee vinnig uit die geheue van die Duitse jeug; baie van hulle weet nie eers wie die muur gebou het nie.

Die muur is deur die voormalige Oos-Duitse kommunistiese regering gebou in 1961, en is op 9 Oktober 1989 afgebreek, om die weg te baan vir vereniging van die twee Duitslande.

Vandag se Duitse jeug toon min belangstelling in die Oos-Duitse geskiedenis, wat politici bekommerd laat oor die risiko wat ‘n kort geheue vir demokrasie inhou.

Oos-Duitsland se beeld vervaag vinnig, en daar word min belang geheg aan die rol wat die kommuniste party (SED) en die “Stasi” (geheime polisie) gespeel het, volgens Uwe Hilmer, ‘n politieke wetenskaplike.

Jong mense raak ook deurmekaar met politici, met ‘n kwart wat glo dat Wes-Duitse kanselier Willy Brandt, bekend vir sy beleid van detente met die ooste, ‘n Oos-Duitse kommunisteleier was. Sommige dink selfs dat Adolf Hitler die leier van Oos-Duitsland was, volgens ander opnames.    

casino free betЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae