Medwedef kap die VSA

President Dmitri Medwedef het in 'n kras toespraak gesê dat Rusland kortafstandmissiele op Rusland se westelike grens gaan plaas indien Washington voortgaan om hulle missielafweerstelsel in Oos-Europa op te stel.

In sy toespraak het die Russiese president gesê dat Rusland geen "inherente konflik" met Amerika het nie en de VSA uitgenooi tot 'n vars nuwe begin met Moskou. Hy het Obama nie by name genoem nie en hom ook nie tydens sy rede gelukgewens nie. Die Kremlin het nietemin 'n telegram van gelukwense gestuur.

Medwedef het ook gesê dat 'n sterk staat en 'n magtige burokrasie nie dieselfde ding is nie. Die een is wenslik vir demokrasie en die ander, laasgenoemde, is uiters gevaarlik. Plaaslike owerhede gaan ook meer magte bekom, het hy gesê en stappe wat daartoe sal lei, aangekondig.

Die skuld vir die finansiële krisis in Rusland is asook die oorlog in Georgië is vierkantig op die skouers van die VSA geplaas. Die beplande Amerikaanse missielafweerstelsel in Oos-Europa gaan dalk Obama se eerste buitelandsebeleidstoets wees.

комплектующие для насоса отоплениялобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae