Cholera uitbraak in DRK

Ten minste 100 gevalle van cholera is aangemeld in die DRK se oostelike dele, het Dokters sonder Grense (DSG) Dinsdag gesê.

Daar was 69 gevalle van cholera in die vier vlugtelingkampe rondom Goma in die afgelope week, en 20 in Kitchanga. In Buturande, naby Rutshure is daar 5 tot 10 nuwe gevalle per dag, het die mediese welsynsorganisasie gesê.

Die oostelike streek was die toneel van gevegte tussen regeringstroepe en rebelle wat derduisende mense ontwortel het.

“Noordwes van Goma, in Kitchanga, het DSG daarin geslaag om die watervoorsiening te verhoog van 2 liter per dag na 10 liter per dag. Spanne wat elders werk gaan ook poog om watervoorsiening daar te verhoog het DSG in ‘n verklaring gesê.

Cholera word veroorsaak deur intestinale bakterieë wat ernstige diarree en braking veroorsaak, wat tot dehidrasie lei. Dit het ‘n kort inkubasiestydperk, en kan dodelik wees, maar kan ook genees word as dit vinnig opgespoor word.

Maandag het hulpagentskappe die oostelike DRK-dorpie, Rutshuru vir die eerste keer bereik, nadat die VN verlede week gesê het dat plundery en geweld wat burgerlikes geteiken het, derduisende mense ontwortel het.

‘n Skietstaking verlede week deur wegbreek-generaal Laurent Nkunda en intensiewe diplomatieke aktiwiteite in die streek het die geleentheid geskep om die dreigende humanitêre krisis af te weer.     

инструмент автоэлектрикаОлександр Фільчаков прокурор