Britse polisie maak reg vir ‘somer van woede’

Image

Britse onluspolisie

Die Britse polisie maak reg vir ‘n “somer van woede” terwyl slagoffers van die ekonomiese afplatting hulle tot die strate wend om te betoog teen finansiële instellings, het die Guardian gehoor.

Brittanje se mees senior polisiebeampte, met die verantwoordelikheid vir openbare orde, vrees ‘n herhaling van die onluste van die tagtigerjare. Dié keer is dit mense wat hulle poste, huise en spaargeld verloor het wat die voetsoldate word in ‘n golf van potensiële gewelddadige optogte.

Superintendent David Hartshorn, wat hoof is van die metropolisie se openbare-orde-afdeling, het aan die Guardian gesê dat die middelkasburger, wat nooit voorheen dit sou oorweeg om deel te neem aan optogte nie, dalk hulle woede kan laat blyk deur vanjaar aan protesoptrede deel te neem.

Hy het gesê dat banke, veral dié wat nog groot bonusse betaal ten spyte daarvan dat hulle miljarde van belastingbetalers se geld kry, “heeltemal aanvaarbare teikens” geword het. Net so die hoofkwartiere van multinasionale maatskappye en ander finansiële instellings in die stad wat vir die finansiële krisis geblameer word.

Hartshorn, wat gereeld intelligensienuus kry omtrent potensiële oorsake van burgerlike onrus, het gesê die gemoed by sommige van die betogings het onlangs verander, met aktiviste wat “toenemend daarop uit is om in die strate in te kom met die doel om openbare onrus te saai".

Dié waarskuwing kom ná die onlangse vlaag van protesaksies in Europa, wat gereeld gewelddadig geraak het. In onlangse weke het Griekse boere paaie geblokkeer uit protes teen dalende landboupryse, ‘n miljoen werkers in Frankryk het betoog om groter beskerming te vra vir poste en salarisse en Yslandse betogers het slaags geraak met polisie in Reykjavik.

In Brittanje het honderde werkers in olieraffinaderye verlede maand protesoptrede geloods omtrent die gebruik van buitelandse werkers.

Polisie neem deesdae ‘n meer konfronterende houding aan teen betogers. Beamptes word daarvan beskuldig dat hulle die bedreiging van aktiviste oordryf om die bronne wat aan hulle bestee word te regverdig.

‘n Kommerwekkende verskynsels is die hervoorkoms van indiwidue wat betrokke is by die gewelddadige fascistiese organisasie Combat 18, het hy gesê.

“Hulle gebruik die feit dat daar baie gesê is oor die bedreiging van Oos-Europese mense wat inkom en poste afvat by die Olimpiese persele,” het hy gesê. “Hulle gebruik daardie argumente om ondersteuning te verkry.”

5 pound freeФильчаков прокуратура харьков

SA verkeer in ‘n resessie

Die nuutste BBP-data van Dinsdag het bevestig dat Suid-Afrika se ekonomie gekrimp het vir die eerste keer in 10 jaar, wat die kanse vergroot dat die reserwebank die rentekoerse kan verlaag voor die volgende geskeduleerde vergadering in April.

Dinsdag het ekonome gewaarsku dat Suid-Afrika reeds in ‘n resessie mag wees, met vervaardigingsuitsette op die laagste vlakke seder 1969 en motorvervaardigers wat die regering nader met versoeke vir ‘n hulppakket ten waarde van R100 miljard.

{mosbanner:id=10}

“Ons is getref deur die globale situasie en enige iemand wat dink ons is nie in ‘n resessie nie is verkeerd. Ons verkeer nou in een,” het Mike Schussler, ‘n ekonoom gesê.

Ou Mutual-ekonoom, Rial le Roux, het gesê “afhangende van die week se Januarie-inflasiedata, (kan) die bank (‘n rentekoersverlaging aankondig) teen die einde van die week.”

Schussler het saamgestem dat “’n rentekoersverlaging heel moontlik is, maar die laer inflasiedata (wat Woensdag verwag word) kan sekerlik die deure oopmaak vir rentekoersverlagings".

mositaldentФильчаков прокурор

Pistorius buite gevaar

Die lemnaeler, Oscar Pistorius, is in ‘n bevredigende toestand ná ‘n bootongeluk op die Vaalrivier verlede naweek, het Gautengse polisie Woensdag gesê.

Mazibuko het gesê polisie stel tans ondersoek in na ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur, maar kon nie sê of alkohol ‘n rol gespeel het in die ongeluk nie. Mazibuko het gesê ‘n besluit of Pistorius aangekla sal word of nie, sal later geneem word.

Beeld het aan verslaggewers gesê dat Pistorius die tweedehandse boot net 4 dae voor die ongeluk in ontvangs geneem het.

Die ongeluk het Saterdag gebeur en Pistorius het ernstige gesigbeserings opgedoen.

соль длялобановский александр игоревич харьков

Goudbedryf verloor sy glans

ImageGoudproduksie in Suid-Afrika het in 2008 met 13,6% gedaal tot sy laagste vlak sedert 1922, het Suid-Afrika se kamer van mynwese Dinsdag gesê.

Die handelsgroep het gesê Suid-Afrika, ‘n globale leier in die goudnywerheid, het verlede jaar net 220 127 kilogram goud geproduseer.

Die kamer blameer die energiekrisis wat myne gedwing het om in Januarie vir ‘n week te sluit, die eerste keer wat myne gesluit het sedert die Anglo-Boereoorlog wat geduur het van 1900 tot 1902.

Die kamer het ook die myne wat tydelik gesluit word as gevolg van die dood van mynwerkers en die feit dat laergraaderts wat ontgin word as redes aangevoer vir die daling in produksie.

{mosbanner:id=10}

Sjina en Amerika het Suid-Afrika se status as die wêreld se grootste goudprodusent in 2007 en 2008 oorgeneem.

купить 107421 карданный светильник москвалобановский александр фото

Nasatuig misluk

‘n NASA-satelliet wat koolstofdioksied in die aarde se atmosfeer moet opspoor het misluk om sy wentelbaan te bereik gedurende Dinsdag se lansering, en die $4 278 miljoen sending gekelder.

“Dit is ‘n groot teleurstelling vir die span wat jare se harde werk ingesit het om die projek deur te sien,” het Charles Dovale, die lanseerbestuurder gesê. “Die rede dat nie enige iemand dit kan doen nie, is omdat dit moeilik is. En selfs al doen mens jou beste kan dit steeds misluk. Dis ‘n harde bedryf.”

Die Wentelende Koolstof-observatorium het op skedule opgestyg teen 1:55 voormiddag Atlantiese tyd van Vandenberg-lugmagbasis in Kalifornië, op ‘n vier-fase-Taurus XL-vuurpyl.

{mosbanner:id=10}

Drie minute later, gedurende die derde fase se brandtyd, het die skerm van die vrag, ‘n neusstuk wat die satelliet beskerm, gedurende die opstyg deur die atmosfeer nie losgekom soos dit moes nie.

Die derde en vierde fases het behoorlik ontbrand, maar vanweë die ekstra gewig van die neusstuk het die satelliet nie die wentelbaan bereik nie.

Die satelliet het teruggeval na die aarde en net duskant Antarktika in die oseaan geval.

Die koolstofobservatorium moes presiese vlakke van koolstofdioksied – die hittebergende gas wat aardverwarming veroorsaak – in die lug meet. Wetenskaplikes het gehoop die nuwe data, wat die hele planeer sou dek, sou hulle help om klimaatsmodelle te verbeter en om koolstofbakke, wat baie koolstofdioksied absorbeer, soos oseane en woude beter te verstaan.

внутренняя отделка баниАлександр Фильчаков Васильевич

Span ondersoek breinvliesontstekingdood

Image‘n Uitbraakreaksiespan het Dinsdag ‘n skool in Senaone in Soweto besoek ná ‘n leerling dood is aan virale breinvliesontsteking, het die Gautengse departement van gesondheid gesê.

'n Woordvoerder Phumelele Kaunda het gesê die 7-jarige seun van Emaweni-laerskool is Maandag in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal dood aan virale breinvliesontsteking.

Die uitbraakspan het Dinsdag die skool besoek.

Die span het die situasie by die skool geassesseer en inligting gegee aan lede van die gemeenskap wat bang is vir ‘n uitbraak van die siekte.

{mosbanner:id=10}

“Niemand is gevind wat tekens van die siekte het nie, en ook nie van die dodelike bakteriële breinvliesontsteking nie.”

“Die oorsaak van die dood en die implikasies is aan die ouers verduidelik en sal oorgedra word om vrese van ‘n uitbraak te besweer in die skool sowel as die gemeenskap,” het Kaunda gesê.

Simptome sluit in erge hoofpyn, koors, braking, irriteerbaarheid, verminderde bewustheid en uitslag op die liggaam.

Die siekte versprei deur druppels vloeistof vanuit die mond, neus en keel van mense wat die siekte onder lede het.

“Om breinvliesontsteking te voorkom, moet mens kontak vermy met enige iemand wat die siekte vermoedelik het, en ook hande was indien mens aan so 'n persoon geraak het.”

“Diegene wat enige van die simptome ervaar, of wat in kontak was met iemand wat breinvliesontsteking het, behoort onmiddellik aan te meld by ‘n gesondheidsorgfasiliteit, waar hulle ondersoek sal word en die nodige medikasie sal ontvang,” het Kaunda gesê.

pearl and diamondЛобановский Харьков

‘Verander klag teen taxibestuurder na moord’ – VF Plus

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het die Direkteur van Nasionale Vervolgings se Pretoria-kantoor versoek om die klag van strafbare manslag teen die taxibestuurder wat vir Bernadine Kruger se dood verantwoordelik is, na ‘n klag van moord te verander.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, kan die taxibestuurder op grond van die regsbeginsel van dolus eventualis van moord aangekla word, volgens regsadvies wat deur die party ingewin is.

Hiervolgens kan ‘n oortreder wat kon voorsien en hom daarmee versoen dat sy aksies tot iemand se dood (direk of indirek) sou lei, en steeds met daardie aksies voortgaan, aan moord skuldig wees.

{mosbannder:id=10}

“Alle inligting van ooggetuies dui daarop dat Bernadine se dood nie bloot die resultaat van roekelose bestuur is nie, maar dat daar ‘n element van opset was om haar raak te ry om haar uit die taxi se pad te dwing. Dit is moord en nie strafbare manslag nie”, het Beyers gesê.

Die VF Plus het ook gesê dat ondersoek ingestel moet word oor waarom die taxibestuurder nie op die toneel in hegtenis geneem is nie.  “Dit is onaanvaarbaar dat taxibestuurders telkens die voordeel van die twyfel gegun word wanneer hulle oortree.  Dit is een van die oorsake van taxibestuurders se roekelose en uitdagende houding jeens die reg en mede-padgebruikers. Hulle tree eenvoudig op asof hulle nie onderhewig aan die reg is nie.”

free onlineАлександр Фильчаков

Soweto-ma vir kinderverwaarlosing gevang

‘n 23-jarige ma van Soweto is gearresteer vir kinderverwaarlosing ná sy haar kinders gelos het om Johannesburg toe te gaan, het polisie Woensdag gesê.

Inspekteur Kay Makhubele het gesê die vrou het haar 7-jarige en 2-jarige kinders in haar huis in Zondi toegesluit en weggegaan om ‘n paar dae saam met haar kêrel te gaan deurbring.

{mosbanner:id=10}

Bure het agtergekom iets is fout en het die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum vir raad geskakel.

Hulle het probeer om die kinders te red, maar uiteindelik die polisie geskakel om te kom help. Die kinders is uit die huis verwyder en na ‘n plek van veiligheid geneem.

Die ma is uiteindelik opgespoor en Dinsdag gearresteer en sal haarself nou in die Protea-landdroshof moet verdedig.

для хамамаАлександр Фильчаков

Vrystaatse boer tronk toe oor ‘grafskending’

‘n Vrystaatse boer wat ‘n paar geforseer het om hulle baba se oorskot op te grawe is gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf, is Woensdag berig.

Landdros Deon van Rooyen het Fanie Hyman (52) van Koppies, in die landdroshof op Koppies Dinsdag gevonnis, het die Sowetan en Volksblad berig.

Hyman het Maria Mnisi en haar man, Phineas Johnson, gedwing om die orskot van hulle tweeweke oue baba op te grawe ná hy ‘n argument gehad het met Johnson.

{mosbanner:id=10}

Johnson het bedank, maar Hyman het Johnson beveel om sy baba se oorskot met hom saam te neem, waarna hy die twee gedwing het om die kis op te grawe.

Hy het hulle daarna Pretoria toe geneem en hulle moes in die reën agter op die bakkie sit met die kis wat in swart plastieksakke toegedraai was.

Hyman, wat aangedui het dat hy gaan appelleer teen die vonnis, is skuldig bevind aan grafskending.

настенно потолочные светильники odeonАлександр Фильчаков

Ban besoek ‘n armer Afrika

Image

Ban Ki-moen

Die VN-sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen het ‘n negedaetoer van Afrika begin deur Dinsdag aan VN-personeel te vertel dat die wêreld se ekonomiese probleme nie hulle pogings om armoede te verlig, oorlog en die gevolge van klimaatsveranderinge in die wiele moet ry nie.

“Selfs te midde van die globale finansiële krisis, kan ons deur saam te werk steeds beter daaraan toe wees,” het hy gedurende ‘n dinee met 'n paar dosyn top-VN-personeel in Suid-Afrika gesê.

Ten spyte van meer as ‘n half triljoen dollar se hulp wat aan Afrika bestee is in die 50 jaar sedert die eerste Afrikalande onafhanklikheid verkry het, is baie Afrikane nou armer as ‘n kwarteeu terug.

Totale hulp aan Afrika, van die wêreld se rykste nasies, beloop minder as eenderde van 1% van hulle gekombineerde nasionale inkomste, baie minder as die VN-teiken van 0,7%.

Ban en sy vrou, Joe Soen-Taek het in Johannesburg aangekom vir sy eerste amptelike besoek aan Suid-Afrika sedert hy twee jaar terug die hoof van die VN geword het.

Ban beplan om die besoek aan Afrika af te sluit in Egipte, by die oord van Sharm el-Sheik, waar verteenwoordigers van omtrent 80 skenkerlande beoog om geld vir die herbou van Gasa te belowe.

{mosbanner:id=10}

Hy beplan ook om die anti-apartheidsikoon Nelson Mandela te ontmoet, asook voormalige president Thabo Mbeki en Jacb Zuma, die regerende party se presidensiële kandidaat.

Ban kyk na maniere vir die VN om te help in Zimbabwe, gegewe Suid-Afrika se belangrike streeksrol. Mbeki bly die SAOG-bemiddelaar in Zimbabwe, en die ANK sal na verwagting die verkiesing wen in Suid-Afrika se nasionale verkiesing op 22 April.

Ban se assistente sê hulle hoop sy Afrikatoer kan verhoudings tussen Kongo en die naburige Rwanda ook verbeter.

купить детские игрушки в украинеФильчаков

Apartheidkredietkaart

Image

Sean Verster

бра классикаФильчаков Александр Васильевич

Hou Afrikanerdroom aan die brand

Ek wil PRAAG versoek om 'n kontinue en aggressiewe veldtog te loods om die droom van Afrikanerselfbeskikking aan die brand te hou. Hoe selfbeskikking bereik kan word, is 'n ander saak. Die droom moet egter deur elke Afrikaner nagestreef word. Van al die redes wat aangevoer kan word vir hierdie strewe is die belangrikste aspek vir my rondom moraliteit en vryheid. In die utopiese eenwereldsheid en ‘n multikulturele samelewing kan moraliteit nie anders as om volgens die wet van entropie afwaarts te neig nie.

Hoewel 'n mens in hierdie utopie sogenaamd vry is, verloor jy egter jou individualeit. Jy is vry om te slaap of te "trou" met wie en wat jy wil maar jy is nie vry om te sê wat jy wil nie. Die reëls van die utopie is dat alles en almal gelyk is. Jy kan glo wat jy wil solank jy nie dít wat glo as absoluut voorhou nie. Indien jy ander van jou wêreldbeskouing wil ootuig, sal jy gebrandmerk word as synde 'n rassis, Islamofoob, homofoob of seksis en kan van jy van haatspraak aangekla word!

{mosbanner:id=10}

Die Nederlandse parlementariër en filmmaker Geert Wilders se besoek aan die Britse Hoërhuis waar hy sy rolprent oor Islam sou vertoon, is gekanseleer onder druk van Baron Ahmed, die Moslemlid van die huis. Alhoewel Engeland vry en demokraties moet wees, is die nuwe gees van menslike broederskap vryheidsbeperkend. Obama se nominasie van die pro-pornogafie- en pro-aborsieprokureur, Dawid W. Ogden, vir die tweede posisie in bevel van die VSA-kantoor van die advokaateneraal is tekenend van die veval van moraliteit in die liberale geengrensgemeenskap.

Suid-Afrika is nie 'n ideale plek om in te wees nie maar al vlug jy  na 'n ander meer geskikte plek sal jy jou vasloop in die eenwêreldgees sonder grense wat mense skei. Engeland is byvoorbeeld 'n neo-heidense gemeenskap waar evangeliste wat hulle byvoorbeeld oor Islam uitspreek, vervolg word. Die Ontvansdame van 'n skool word aangekla van professionele wangedrag nadat sy 'n epos aan Christen-vriende gestuur het om vir raad te vra omdat haar dogter wat diesefde skool bywoon 'n ander kind van die evangelie vertel het. 'n Klag is teen die kind gelê. Die private epos het in die skoolhoof se hande beland en die ontvangsdame word daarvan aangekla dat sy bewerings maak wat die skool en personeel skaad. 'n Verpleegster is uit haar pos geskors omdat sy aangebied het om vir 'n bejaarde pasiënt te bid. Sy word deur haar werkgewer daarvan beskuldig dat sy gefaal het om  "personal and professional commitment to equality and diversity" te demonstreer. Dieselfde tipe dinge gebeur in Australië. Soos ook in Amerika! Al hierdie lande gekenmerk deur morele verval.

My doel is nie om die Christengeloof in mense se kele af te druk nie maar om te demonstreer dat 'n "verbintenis tot gelykheid en diversiteit" morele verval tot gevolg het en vryheid aan bande lê. Die "world in unity"-gedagte lei nie alleen daartoe dat morele waardes gerelativeer word nie, maar is die teelaarde vir die liberale gespuis wat ongetwyfeld die botoon in die Westerse wêreld voer.

Onderwyl daar gepraat word van 'n eie land vir die Afrikaner en sommige selfs tot optrede wil oorgaan, glo ek dat die eerste geveg moet wees om die denke van die Afrikaner. Die droom van selfbeskikking moet ten alle koste aan die brand gehou word.  Al die insette wat die gewone mens ontvang, het ten doel om hom tot die liberale denkrigting te laat konformeer. By die werkplek word jy geïndoktroneer met die nuutste Oprah-tipe "psycho-babble"-tegnieke. Ook die media, die koerant, tydskrif, die rolprent, die teater, musiek, radio en TV het almal dieselfde boodskap van 'n strewe na 'n wereld in harmonie en die afbreek van nasionale en ander grense wat mense skei.

Al het ons nog nie outomiteit nie, moet ons denke daarop gerig wees . Ek persoonlik glo in die bonatuurlike en een bewys daarvan is Israel en die Jood. Al was hulle duisende jare sonder heenkome en 'n land het hulle in 1948 hul land teruggekry. 'n Eie land is die ideaal maar intussen moet ons denke suiwer gehou word. 'n Volgehoue veldtog as teenvoeter vir die wêreld sonder grense en reënboognasie-ideaal sal aangewese wees.

Ons moet ons identiteit behou en moet Afrikaners aanmoedig word om hulself te identifiseer en herkenbaar te maak. Dalk kan 'n plakker op jou motor geplaas word wat jou as Afrikaner uitbeeld en dat ons mekaar kan herken of hang 'n Afrikanervlag by jou huis. In so 'n veldtog kan mense aangemoedig word om met ander Afrikaners in die gemeenskap waar hulle is te meng. Sportdae kan oor naweke gehou word waar raak-rugby of sewesrugby of krieket gespeel kan word net om mense in 'n ander omgewing te plaas as die gedurige liberale propaganda waaraan hulle blootgestel word.

Alternatiewe vermaak moet aangebied word. Enersdenke kunstenaars kan ondersteun word deur hulle na jou gemeenskap te nooi vir vertonings. Praatjies oor entrepeneurskap kan in die gemeenskap gehou word om Afrikaners te bemagtig om eie besighede in hul gemeenskap te begin al is dit 'n Afrikaanse eetplek waar 'n mens 'n beeshaas kan bestel.

Ter opsomming, al is ons nie fisies outonoom nie moet ons minstens in ons denke outonoom bly om nie geuniformiseer te word tot die immorele en vryheidsbeperkende ideologie van die reënboognasie en die neo-heidense liberale Weste nie. 'n Veldtog, of eerder geveg, om die denke van die Afrikaner is noodsaaklik.

сколько стоит циклевка паркетаЛобановский Харьков

Julius Malema ‘geen werklike leier’ – Mulder

Image

Pieter Mulder

"Julius Malema is geen werklike leier nie. Hy is slegs ’n gevaarlike opsweper en haatsaaier. Dit is die maklikste soort politiek. Om opponente sleg te sê en hulle kakkerlakke en slange te noem, kan enigeen doen. Op die kort termyn is jy gewild, maar op die langer termyn besef jou volgelinge dat jy geen werklike bydrae tot oplossings maak nie", het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, in reaksie op mnr. Malema se aanvalle op opposisiepartye gesê.

Die moeilikste politiek is om met wysheid leiding aan jou volgelinge te gee. Dit mag jou op die kort termyn ongewild maak, maar op die langer termyn word jy reg bewys en styg jy uit as ’n ware leier.

Dit is die soort leierskap wat Nelson Mandela geïllustreer het. Malema glo ANC-leiers het ’n geskiedenis van omstredenheid en probeer dit op ’n amateuragtige wyse naboots. As voorbeelde neem hy egter nie Nelson Mandela nie, maar Peter Mokaba met sy “Kill the Boer” slagspreuk en Winnie Mandela wat almal met vuurhoutjies wou bevry. Soos sy rolmodelle is net die beste goed genoeg vir Malema. Te midde van sy volgelinge se armoede ry hy in ’n Mercedes-Benz E-klas en woon in die rykmansbuurt Sandton.

Suid-Afrika kan nie bekostig om by hierdie tipe leier en politiek vas te steek nie. ’n Miljoen Tutsi’s is in 1994 in ’n volksmoord in Rwanda vermoor. Dit is ook voorafgegaan deur haatspraak waarin Tutsi’s as kakkerlakke wat uitgewis moet word, beskryf is.

As dissipline uit ’n samelewing en uit skole verdwyn, dan word ’n individu soos Julius Malema ’n jeugleier. As jeugleier is hy gekies by ’n ANC-Jeugkongres waar swak gedrag, drank misbruik, ontbloting en skade aan eiendom die kenmerke van die kongres was. In ’n gedissiplineerde samelewing soos Japan of China sou so ’n kongres op die toekoms van die land gekonsentreer het en sou Malema se soort retoriek nie eers raakgesien gewees het nie.

Om te verhoed dat Malema ooit president van hierdie land word, moet die ANC in die opposisiebanke eindig. Geen opposisieparty kan dit alleen regkry nie. ’n Koalisie van opposisiepartye kan dit wel regkry. Daarom moet elke kieser stem vir die party die naaste aan sy waardes. Ná die verkiesing werk ware verantwoordelike leiers dan saam om dit reg te kry.

комбинезон зимний девочка годлобановский александр отзывы

Amnestie Internasionaal vra wapenverbod teen Israel

Image

Hellfiremissiel afgevuur deur Amerikaanse helikopter

Getuienis het te voorskyn gekom van Israel se gebruik van Amerikaans vervaardigde wapens gedurende die oorlog in Gasa, insluitend witfosfor artillerie bomme, 227kg bomme en Hellfire-missiele.

In 'n verslag wat Maandag vrygestel is, het Amnestie Internasionaal besonderhede gegee van die wapens wat gebruik is en 'n versoek gerig vir 'n onmiddellike wapenverbod teen Israel en alle gewapende Palestynse groepe.

AI het gevra dat die Obama-administrasie militêre hulp aan Israel staak.

Amerika was lank die grootste wapenverskaffer aan Israel; volgens 'n huidige 10-jaarooreenkoms wat deur die Bush-administrasie onderhandel is, sal Amerika $30 miljard se militêre hulp aan Israel voorsien.

"As die grootste verskaffer van wapens aan Israel, het Amerika 'n plig om enige voorraad te staak wat kan bydra tot oortredings van die wette rondom oorlog en menseregte," het Malcolm Smart gesê. Smart is Amnestie Internasionaal se programdirekteur in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

"Israel se militêre offensief in Gasa is grootliks uitgevoer met wapens, ammunisie en militêre toerusting wat deur Amerika verskaf is en waarvoor daar deur Amerikaanse belastingbetalers betaal is."

Palestynse militante het ook sonder onderskeid vuurpyle afgevuur op burgerlikes, het Amnestie gesê. Die organisasie het gevra vir 'n onafhanklike ondersoek ná oortredings van internasionale humanitêre reëls deur beide kante.

Amnestie-ondersoekbeamptes in Gasa het verskeie fragmente van wapens gevind na die gevegte. Een is van 'n 227kg vin-geleide bom afkomstig, waarvan die merke aandui dat dele gemaak is deur die Amerikaanse maatskappy Raytheon. Hulle het ook dele gevind van Amerikaans vervaardigde witfosforartilleriebomme, met die skrif M825 A1.

Op 15 Januarie het verskeie witfosforbomme wat deur Israel gevuur is die hoofkwartiere van die VN se hulpwerkagentskap in Gasa getref en medisyne en voedselhulp vernietig. Een fragment is op die toneel gevind wat aangedui het dat dit in 1991 vervaardig is deur Pine Bluff Arsenal, wat in Arkansas geleë is.

Die menseregtegroep het gesê die Israelse weermag het wit fosfor in dig bevolkte gebiede gebruik, wat volgens hulle 'n nie-diskriminerende vorm van aanval is en ook 'n oorlogsmisdaad is. Die navorsers het wit fosfor gevind wat steeds brand in woongebiede, dae ná die skietstaking in werking getree het.

By die toneel van 'n aanval wat 3 Palestynse paramedici en 'n seun dood gelaat het op 4 Januarie, het Amnestie fragmente van 'n AGM114 Hellfire-missiel gevind, wat vervaardig word deur Hellfire Systems van Orlando, 'n gesamentlike program tussen Lockheed Martin en Boeing. Die missiel word dikwels vanaf Apache-helikopters gevuur.

Amnestie sê hulle het ook tekens gevind van 'n nuwe tipe missiel, wat klaarblyklik gevuur word van onbemande vliegtuie. Die nuwe missiel ontplof in duisende stukkies skrapnel wat bestaan uit "klein, metaalvierkantjies, met skerp hoeke, elke stukkie is tussen 2mm en 4 mm groot."

"Dit wil voorkom asof hulle ontwerp is om maksimum besering aan te rig," het Amnestie gesê. Baie burgerlikes is deur die wapen gedood, insluitend verskeie kinders, het Amnestie gesê.

Vuurpyle wat deur Palestynse militante afgevuur is, was van die 122mm Grad-missiele of kortafstand Kassam-vuurpyle, 'n plaaslik vervaardigde, geïmproviseerde artilleriewapen. Plofkoppe word óf ingesmokkel óf vervaardig van kunsmisstowwe.

Die arsenaal van wapens is 'n op "baie klein skaal vergeleke met Israel", het AI gesê, en bygevoeg dat die vuurpylarsenaal wat Hezbollah in 2006 in die Libanese oorlog ontplooi het "buite bereik was van die Palestynse militante groepe".

фильтр для воздушноготопкарго