Sommige boere geraak deur cholera in rivier: Agri SA

Image

Choleriabakterie?

Die ontdekking van cholera in die Limpoporivier het probleme veroorsaak vir sommige boere in die gebied, het Agri SA Donderdag gesê.

Diegene wat die ergste getref is deur die cholerabesmetting is die opkomende- en bestaansboere en bevoordeeldes van grondeise wat in die Madunbo-korridor, Nwangedzi-vallei en Pafuri geleë is, het die organisasie in 'n verklaring gesê.

Vroeër vandeesweek het die provinsiale gesondheidsdepartement bevestig dat cholerabakterieë in die Limpoporivier gevind is.

Die departement het gesê dat noodplanne gereed is langs die Limpoporivier en Nwangerivier om die impak van cholerabesmetting van die rivier te beperk. Dit wil tans voorkom asof die cholerabesmetting beperk is tot die gebied oos van Beitbrug.

Agri SA het gesê baie min kommersiële boere is in die geaffekteerde gebied en landbouproduksie is laag in die somer vanweë die hoë temperature.

Agri SA het gesê dat die varsproduktemark sukkel omdat mense versigtig is om produkte te koop wat met besmette water uit die Limpoporivier besproei word en hulle onsekerheid oor die oordra van cholera deur vars vrugte en groente.

"Groter markte soos die Johannesburgse varsproduktemark toets vars produkte van besmettte gebiede om verbruikers te beskerm teen besmette produkte."

Agri SA het gesê dat hulle 'n ooreenkoms bereik het met die provinsiale LUR, Dikheledi Magadzi, om watertenkers na die gebied te stuur. Dit sal aan plaaswerkers, boere en plakkers op plase toegang gee tot skoon drinkwater.

arabian nights game freeданильченко юрій Харків

Indi? en Rusland teken kernooreenkoms

Indië se eerste minister sê Indië en Rusland het 'n kernooreenkoms geteken waarvolgens Rusland vier kernreaktors vir Indië, wat 'n groot kragtekort ondervind, sal bou.

Die ooreenkoms is tydens 'n vergadering tussen die Indiese Eerste Minister Manmohan Singh en die besoekende Russiese President Dmitri Medwedef onderteken.

Singh sê die ooreenkoms “dui 'n nuwe mylpaal in die geskiedenis van ons samewerking met Rusland op die gebied van kernenergie aan".

Die ooreenkoms volg ná die voltrekking van 'n opspraakwekkende kernooreenkoms vroeër dié jaar tussen die Verenigde State en Indië wat die weg gebaan het vir kernhandel tussen Indië en ander lande.

раскруткаДанильченко Юрий Брониславович компромат

SA gevangenes het beter etes as gemiddelde landsburgers

Suid-Afrika se gevangenes het te veel voorregte en eet beter kos as mense wat nie in die tronk is nie, het parlementariërs Donderdag gehoor gedurende 'n openbare verhoor oor die land se strafregstelsel.

"Dit is iets wat ons gehoor het sedert ons die Ooskaap besoek het, die voorregte van gevangenes kom sterk na vore," het Dennis Bloem, die parlement se woordvoerder vir die korrektiewedienstekomitee, gesê.

"Die kos is beter as buite en hulle kyk heeldag televisie."

Bloem het gesê dat hy moet saamstem dat die voorregte van gevangenes nie gesien moet word as regte nie, "tronk moet tronk wees," het hy gesê.

Bloem en die portefeuljekomiteevoorsitter vir veiligheid en sekuriteit, Maggie Sotyu, was saam met joernaliste in Moakeng in Kroonstad waar hulle saam met die portefeuljekomitee vir justisie 'n openbare verhoor hou oor die Suid-Afrikaanse strafregstelsel.

сканер диагностическийтопкарго

Vragmotors gekaap deur vals polisiemanne

ImageTwee vragmotors is gekaap deur mans wat polisieuniforms aangehad het in twee aparte voorvalle, het Mpumalanga-polisie Donderdag gesê.

Omtrent 8-uur Dinsdagaand is 'n vragmotor wat sowat 3,5 miljoen rand se vrag gehad het deur vier mans wat soos polisiemanne aangetrek was, gekaap. Die gewapende mans het met 'n Corsa-bakkie gery met 'n bloul ig op die dak,toe hulle die vragmotor naby Delmas voorgekeer het, het superintendent Abie Khoabane gesê.

"Nadat hulle die vragmotor laat stilhou het, het hulle die bestuurder daarvan beskuldig dat hy oor 'n stopstraat gery het. Drie het wapens op die bestuurder gerig en hom agter in die vragmotor toegemaak," het Khoabane gesê.

Die mans het hom sowat 5 kilometer verder in die veld afgelaai.

In nog 'n insident het twee mans met polisieuniforms aan 'n vragmotor met sowat R270 000 se vrag by Balfour gekaap. Die vragmotorbestuurder is omstreeks 02:00 gestop op die Vereenigingpad deur twee mans met 'n Citi Golf met 'n blou lig op die dak, het Khoabane gesê.

Toe die vragmotor stilhou, het die twee mans hulle wapens op hom gerig en die bestuurder na hulle motor toe geneem, het Khoabane gesê.

Die mans het met die vragmotor weggery en die bestuurder later in die veld afgelaai.

Polisie is besig met ondersoeke na 'n kapingsklag, het Khoabane bygevoeg. 

для зеркалтопкарго отзывы

Brand in Houtbaai vernietig meer as 100 plakkershutte

ImageMeer as 100 plakkershutte in Houtbaai is Vrydag vernietig en omtrent 800 mense is dakloos gelaat ná 'n brand by die Mandela Park in Houtbaai, het Kaapstad se brandweerowerhede gesê.

Tussen 150 en 200 hutte is vernietig in die brand wat omstreeks 03:00 begin het, het Goodwood se brandweeroesighouer, Paul Joseph gesê.

Teen 06:30 was die brand onder beheer. Daar was 13 brandweerwaens op die toneel om die brand te beheer, het Joseph gesê.

Die oorsaak van die brand en hoeveel mense beseer is, is nog onbekend, het hy gesê.

сканер автомобильныйДанильченко Юрий Брониславович компромат

Dosyne klagtes van seksuele misdrywe teen onderwysers

Image

‘n Potensi?le slagoffer?

Sewe-en-twintig klagtes van seksuele misdrywe teen onderwysers is ontvang deur die Suid-Afrikaanse raad vir onderwysers (SARO) tussen Januarie en Oktober vanjaar.

In sommige gevalle het onderwyser-leerlingverhoudings plaasgevind met die toestemming van die ouers, het SARO se uitvoerende hoof, Rej Brijraj, Donderdag gesê.

"Veral waar die leerders meer volwasse leerders is vind mens dat daar 'n reëling tussen die onderwyser en die ouers is, waar daar 'n finansiële ooreenkoms is."

"In moeilike sosio-ekonomiese toestande is daar sommige onderwysers wat sal voordeel trek uit die situasie en die arm, niksvermoedende ouers mag dan ingee, met die gedagte dat dit die belofte is vir 'n toekomstige huwelik, terwyl die onderwyser net die jong kinders vir liggaamlike gebruik uitbuit."

Brijraj het gesê dat omtrent 80% van die gevalle manlike onderwysers is wat met vroulike studente verhoudings het. Daar was wel gevalle waar vroulike onderwyseresse met manlike studente verhoudinge gehad het, asook dieselfdegeslagverhoudings.

Hy het gesê dat meeste van die klagtes kinders betrek wat naby graad 12 is.

"Dit is baie ontstellend dat daar gevalle was waar die studente minderjariges was."

Kinders so jonk as nege jaar was ook gevind in verhoudings met onderwysers, en daar was ook swangerskappe gewees.

Hy het gesê van die 27 klagtes, was 7 onderwysers reeds skuldig bevind en van die rol geskrap. Die rol is 'n register van alle onderwysers wat wetlik toegelaat word om in die land onderwys te gee.

Die SARO was steeds besig om die ander gevalle te ondersoek.

Brijraj het gesê die raad volg op in klagte deur 'n reeks in-diepte ondersoeke te doen. 'n Verhoor, soortgelyk aan 'n hofsaak word dan daarna gehou voor 'n paneel onderwysers en professionele mense.

Die raad bereik dan 'n uitslag wat aan die raad gegee word vir 'n finale besluit. Brijraj het gesê in gevalle wat bewys word, sal die raad nie huiwer om die onderwyser permanent van die rol te skrap nie, waarna die saak aan die polisie oorhandig word of die naam van die onderwyser gepubliseer word.

Die raad het omtrent drie klagtes van seksuele misdrywe per maand gekry.

"Daar word nie genoeg gedoen om berading vir posttraumatiese stres aan die leerders te gee nie," het hy gesê.

Dit is absoluut verbode vir onderwysers om verhoudinge met leerders te hê. Diegene met sulke neigings behoort die beroep onmiddellik te verlaat."   

casino free playФильчаков прокурор

Merrill Lynch waarsku dat oliepryse kan daal tot $25

ImageMerrill Lynch het gewaarsku dat oliepryse so laag as $25 kan daal teen volgende jaar indien die resessie wat Amerika, Europa en Japan raak na Sjina uitbrei. Sjina is die hoofdrywer in die vraag op kommoditeitsmarkte in onlangse jare.

Merrill se waarskuwing het gekom nadat oliepryse onder die $44-vlak gedaal het Donderdag, die laagste in amper 4 jaar, ten spyte van dramatiese verlagings in rentekoerse in Brittanje, Europa en Swede.

Francisco Blanch, hoof van aandelenavorsing by Merrill Lynch het gesê sy scenario is dat oliepryse teen gemiddeld $50 per vaatjie sal stabiliseer volgende  jaar, maar het gewaarsku: "'n tydelike daling in die olieprys tot onder $25 is moontlik indien die globale resessie na Sjina uitbrei".

Globale oliebehoeftes kan dalk verder daal terwyl banke steeds voortgaan om krediet aan verbruikers en maatskappye te verminder. Oliepryse kan hul laagste vlak bereik in die eerste helfte van volgende jaar en stelselmatig begin herstel in die tweede helfte van die jaar, vanaf Julie 2009.

of thronesФильчаков прокурор

Indi? is totaal onvoorbereid

Image

Brand n? ontploffing in die Taj Mahalhotel

In die nadraai van die vernietigende terroristeaanvalle in Indië verlede week, het een ding baie duidelik sigbaar geword: Indië se veiligheidsmagte is totaal onvoorbereid en die intelligensieagentskappe is so deurtrek met konflik en korrupsie, dat hulle nie oor die vermoë beskik om genoegsaam op te tree teen sulke aanvalle nie en nog minder kan doen om dit te voorkom.

Dit kan Indië, 'n belangrike Amerikaanse bondgenoot en een van die groot kragte in die globale ekonomie gedurende die laaste dekade, kwesbaar laat vir meer terroristeaanvalle.

Die land van 1,2 miljard mense het net 'n paar honderd teenterrorismebeamptes in hulle buro. Die klein, onderbetaalde polisiemag het min opleiding, min wapens en nog minder ammunisie. Die kuswag het minder as 100 bote in werkende toestand om 'n kuslyn van amper 7 000 kilometer te patrolleer.

In die nuutste onthullings omtrent Indië se onvoorbereidheid, het snuffelhonde Woensdag 'n sak met 'n bom van amper 8 kilogram gekry. Die bom is daar gelaat deur terroriste en is later in 'n klomp sakke gebêre, het polisiebeamptes gesê. Die polisie het die bom op die toneel skadeloos gemaak en nooit die moeite gedoen om die stasie, Victoria Terminus,  te ontruim nie. Die stasie , wat ook bekend is as Chhatrapati Shivaji-terminus, is Moembaai se besigste treinstasie.

Lank voor verlede week se aanvalle in Moembaai wat die wêreld geskok het en 173 mense gedood het, het Indiese en Westerse kollegas inligting heen en weer gestuur oor die moontlikheid van sulke aanvalle. Die Indiërs het nie oor die vermoë beskik om die belang van die inligting in te sien of daarop te gereageer nie.

Die eindresultaat was dat 'n groep van slegs 10 aanvallers – volgens die polisie – die stad verras het op 26 November. Hulle het polisiebeamptes wat hulle teengestaan het, maklik doodgemaak en sommige van die stad se bekendste landmerke oorgeneem, terwyl die hele Indië met afgryse op televisie daarna gekyk het.

Tonele op geslotebaantelevisiekameras het getoon hoedat polisiebeamptes van die gewapende aanvallers gevlug het saam met verskrikte burgerlikes. Altesaam 20 polisie- en kommandolede is dood. Indië het 125 polisiebeamptes vir elke 100 000 inwoners, een van die laagste verhoudings ter wêreld.

Nadat die aanval begin het op die nag van 26 November, het dit ure geneem vir die Indiese kommando's om in Moembaai aan te kom, omdat die basis naby Delhi is, honderde kilometers ver, en omdat hulle nie 'n eie vliegtuig vir die groep het nie.

Selfs nadat die kommando's, wat beter opgelei en bewapen is as die polisie, teen die terroriste in die Tajhotel begin optree het, het hulle oor geen vloerplan beskik nie, terwyl die terroriste die hotel se uitleg deeglik geken het.

скейт детский купить в харьковеАлександр Фильчаков Васильевич

Tshwane hou duur jaareindfunksie

Die Vryheidsfront Plus het in 'n verklaring gesê dat die Tshwane metroraad se burgemeester, dr. Gwen Ramokgopa, na 'Cope moet oorloop en klaarkry' sodat die stadsraad ontslae van haar kan wees en kan begin om te herstel van die skade wat dit onder haar rampspoedige bestuur gely het.

Dit kom nadat inligting na vore gekom het dat Ramokgopa en die munisipale bestuurder, Kiba Kekana, en hulle direkte werknemers nagenoeg R300 000 op 'n jaareindfunksie spandeer het waarin belastingbetalers onder andere vir 'oorvloedige drank' moes opdok.

Hierdie duur partytjie is gehou ten spyte van die feit dat die raad vir die jaar 2008-09 ’n kontantvloei-tekort van R127,6 miljoen gehad.  Boonop het senior bestuur besluit dat geen ander departement jaareindfunksies sal hou nie om geld te bespaar.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, maak Ramokgopa en die plaaslike ANC-leierskap weereens die fout deur belastingbetalers te behandel asof hulle in diens van die stadsraad staan.  Hulle besef steeds nie dat die raad eerder in diens van belastingbetalers moet optree nie.

"Deur belastingbetalers se geld op drank te mors is 'n klap in die gesig van duisende gesinne en individue wat in moeilike ekonomiese omstandighede getrou hulle belasting betaal. Dit is nou tyd dat die stadsraad ontslae raak van die huidige leierskap.  Dit sal almal baat as Ramokgopa, wat nog altyd 'n vurige Mbeki-ondersteuner was, haar goed vat en na Cope oorloop waar sy hoort", het Beyers gesê.

Die Vryheidsfront Plus het in Oktober vanjaar 'n klagte by die Openbare Beskermer gelê waarin gevra word dat ernstige beweringe van korrupsie, nepotisme en wanbestuur in die stadsraad ondersoek moet word.  Volgens die kantoor van die Openbare Beskermer word die saak wel ondersoek.

Die klagte sluit in dat belastingbetalers na bewering maandelikse bedrae van tot R300 000 aan 'lekgotlas' by eksklusiewe plekke in ander provinsies moes betaal.

"Die VF Plus hoop dat die Openbare Beskermer se ondersoek so spoedig moontlik afgehandel sal word.  Indien die Burgemeester en die ANC-leierskap skuldig is aan wanbestuur, sal die raad onder administrasie geplaas kan word.  Dit beteken basies dat as Ramokgopa nie self bedank nie dan kan sy op ander maniere verwyder word", het Beyers bygevoeg.

яркие рубашки для мальчиков купитьАлександр Фильчаков прокурор

President Motlanthe moet ingryp in waterkrisis

Die President van TLU SA, mnr. Ben Marais, het tydens die Gesamentlike Ekonomiese Werkgroep, gevra dat pres. Kgalema Motlanthe as 'n saak van nasionale dringendheid moet ingryp in die steeds verslegtende toestand wat betref waterbesoedeling in Suid-Afrika, en dat bykomende maatreëls ingestel moet word om seker te maak dat die gesondheid van verbruikers nie in gevaar gestel word deurdat voedsel geproduseer word op besmette grond, en deur besmette besproeiingswater.

In 'n Memorandum wat TLU SA aan president Motlanthe oorhandig het, word voorts aanbeveel dat die land se internasionale grense en heinings deeglik onderhou en effektief gepatrolleer moet word. Daar word ook aanbeveel dat die staat se veeartsenydienste gesentraliseer sal word.

Tydens die Werkgroep is verskeie voorleggings deur politici, bankiers en ekonome gemaak, wat daarop dui dat Suid-Afrika 'n besonder moeilike ekonomiese tyd betree. Suid-Afrika is, net soos die res van die wêreld, nie 'n land wat tans besondere ekonomiese vertroue inboesem nie. Dit het duidelik geblyk dat boere toenemend probleme sal ondervind om geld te bekom vir produksielenings, of vir 'n gewone oortrokke rekening. Mnr. Marais het dit ernstig op boere se hart gedruk om finansiële versigtigheid en dissipline toe te pas, en om hulle skuldlas drasties te verklein of indien moontlik, skuldvry te kom en skuldvry te bly.

Mnr. Marais het ook 'n beroep op president Motlanthe gedoen om aan internasionaal voorgeskrewe standaarde te voldoen, sodat internasionale handel nie belemmer sal word nie.

продвижениеЛобановский Харьков