Indi? en Rusland teken kernooreenkoms

Indië se eerste minister sê Indië en Rusland het 'n kernooreenkoms geteken waarvolgens Rusland vier kernreaktors vir Indië, wat 'n groot kragtekort ondervind, sal bou.

Die ooreenkoms is tydens 'n vergadering tussen die Indiese Eerste Minister Manmohan Singh en die besoekende Russiese President Dmitri Medwedef onderteken.

Singh sê die ooreenkoms “dui 'n nuwe mylpaal in die geskiedenis van ons samewerking met Rusland op die gebied van kernenergie aan".

Die ooreenkoms volg ná die voltrekking van 'n opspraakwekkende kernooreenkoms vroeër dié jaar tussen die Verenigde State en Indië wat die weg gebaan het vir kernhandel tussen Indië en ander lande.

раскруткаДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae