SA gevangenes het beter etes as gemiddelde landsburgers

Suid-Afrika se gevangenes het te veel voorregte en eet beter kos as mense wat nie in die tronk is nie, het parlementariërs Donderdag gehoor gedurende 'n openbare verhoor oor die land se strafregstelsel.

"Dit is iets wat ons gehoor het sedert ons die Ooskaap besoek het, die voorregte van gevangenes kom sterk na vore," het Dennis Bloem, die parlement se woordvoerder vir die korrektiewedienstekomitee, gesê.

"Die kos is beter as buite en hulle kyk heeldag televisie."

Bloem het gesê dat hy moet saamstem dat die voorregte van gevangenes nie gesien moet word as regte nie, "tronk moet tronk wees," het hy gesê.

Bloem en die portefeuljekomiteevoorsitter vir veiligheid en sekuriteit, Maggie Sotyu, was saam met joernaliste in Moakeng in Kroonstad waar hulle saam met die portefeuljekomitee vir justisie 'n openbare verhoor hou oor die Suid-Afrikaanse strafregstelsel.

сканер диагностическийтопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae