Sommige boere geraak deur cholera in rivier: Agri SA

Image

Choleriabakterie?

Die ontdekking van cholera in die Limpoporivier het probleme veroorsaak vir sommige boere in die gebied, het Agri SA Donderdag gesê.

Diegene wat die ergste getref is deur die cholerabesmetting is die opkomende- en bestaansboere en bevoordeeldes van grondeise wat in die Madunbo-korridor, Nwangedzi-vallei en Pafuri geleë is, het die organisasie in 'n verklaring gesê.

Vroeër vandeesweek het die provinsiale gesondheidsdepartement bevestig dat cholerabakterieë in die Limpoporivier gevind is.

Die departement het gesê dat noodplanne gereed is langs die Limpoporivier en Nwangerivier om die impak van cholerabesmetting van die rivier te beperk. Dit wil tans voorkom asof die cholerabesmetting beperk is tot die gebied oos van Beitbrug.

Agri SA het gesê baie min kommersiële boere is in die geaffekteerde gebied en landbouproduksie is laag in die somer vanweë die hoë temperature.

Agri SA het gesê dat die varsproduktemark sukkel omdat mense versigtig is om produkte te koop wat met besmette water uit die Limpoporivier besproei word en hulle onsekerheid oor die oordra van cholera deur vars vrugte en groente.

"Groter markte soos die Johannesburgse varsproduktemark toets vars produkte van besmettte gebiede om verbruikers te beskerm teen besmette produkte."

Agri SA het gesê dat hulle 'n ooreenkoms bereik het met die provinsiale LUR, Dikheledi Magadzi, om watertenkers na die gebied te stuur. Dit sal aan plaaswerkers, boere en plakkers op plase toegang gee tot skoon drinkwater.

arabian nights game freeданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae