Tydens die Werkgroep is verskeie voorleggings deur politici, bankiers en ekonome gemaak, wat daarop dui dat Suid-Afrika 'n besonder moeilike ekonomiese tyd betree. Suid-Afrika is, net soos die res van die wêreld, nie 'n land wat tans besondere ekonomiese vertroue inboesem nie. Dit het duidelik geblyk dat boere toenemend probleme sal ondervind om geld te bekom vir produksielenings, of vir 'n gewone oortrokke rekening. Mnr. Marais het dit ernstig op boere se hart gedruk om finansiële versigtigheid en dissipline toe te pas, en om hulle skuldlas drasties te verklein of indien moontlik, skuldvry te kom en skuldvry te bly.
Mnr. Marais het ook 'n beroep op president Motlanthe gedoen om aan internasionaal voorgeskrewe standaarde te voldoen, sodat internasionale handel nie belemmer sal word nie.
