Dosyne klagtes van seksuele misdrywe teen onderwysers

Image

‘n Potensi?le slagoffer?

Sewe-en-twintig klagtes van seksuele misdrywe teen onderwysers is ontvang deur die Suid-Afrikaanse raad vir onderwysers (SARO) tussen Januarie en Oktober vanjaar.

In sommige gevalle het onderwyser-leerlingverhoudings plaasgevind met die toestemming van die ouers, het SARO se uitvoerende hoof, Rej Brijraj, Donderdag gesê.

"Veral waar die leerders meer volwasse leerders is vind mens dat daar 'n reëling tussen die onderwyser en die ouers is, waar daar 'n finansiële ooreenkoms is."

"In moeilike sosio-ekonomiese toestande is daar sommige onderwysers wat sal voordeel trek uit die situasie en die arm, niksvermoedende ouers mag dan ingee, met die gedagte dat dit die belofte is vir 'n toekomstige huwelik, terwyl die onderwyser net die jong kinders vir liggaamlike gebruik uitbuit."

Brijraj het gesê dat omtrent 80% van die gevalle manlike onderwysers is wat met vroulike studente verhoudings het. Daar was wel gevalle waar vroulike onderwyseresse met manlike studente verhoudinge gehad het, asook dieselfdegeslagverhoudings.

Hy het gesê dat meeste van die klagtes kinders betrek wat naby graad 12 is.

"Dit is baie ontstellend dat daar gevalle was waar die studente minderjariges was."

Kinders so jonk as nege jaar was ook gevind in verhoudings met onderwysers, en daar was ook swangerskappe gewees.

Hy het gesê van die 27 klagtes, was 7 onderwysers reeds skuldig bevind en van die rol geskrap. Die rol is 'n register van alle onderwysers wat wetlik toegelaat word om in die land onderwys te gee.

Die SARO was steeds besig om die ander gevalle te ondersoek.

Brijraj het gesê die raad volg op in klagte deur 'n reeks in-diepte ondersoeke te doen. 'n Verhoor, soortgelyk aan 'n hofsaak word dan daarna gehou voor 'n paneel onderwysers en professionele mense.

Die raad bereik dan 'n uitslag wat aan die raad gegee word vir 'n finale besluit. Brijraj het gesê in gevalle wat bewys word, sal die raad nie huiwer om die onderwyser permanent van die rol te skrap nie, waarna die saak aan die polisie oorhandig word of die naam van die onderwyser gepubliseer word.

Die raad het omtrent drie klagtes van seksuele misdrywe per maand gekry.

"Daar word nie genoeg gedoen om berading vir posttraumatiese stres aan die leerders te gee nie," het hy gesê.

Dit is absoluut verbode vir onderwysers om verhoudinge met leerders te hê. Diegene met sulke neigings behoort die beroep onmiddellik te verlaat."   

casino free playФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae