Brand in Houtbaai vernietig meer as 100 plakkershutte

ImageMeer as 100 plakkershutte in Houtbaai is Vrydag vernietig en omtrent 800 mense is dakloos gelaat ná 'n brand by die Mandela Park in Houtbaai, het Kaapstad se brandweerowerhede gesê.

Tussen 150 en 200 hutte is vernietig in die brand wat omstreeks 03:00 begin het, het Goodwood se brandweeroesighouer, Paul Joseph gesê.

Teen 06:30 was die brand onder beheer. Daar was 13 brandweerwaens op die toneel om die brand te beheer, het Joseph gesê.

Die oorsaak van die brand en hoeveel mense beseer is, is nog onbekend, het hy gesê.

сканер автомобильныйДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae