Die huur vir tweeslaapkamereenhede in beide stede het met 13% gestyg tydens die eerste kwartaal van 2007, volgens die jongste syfers van Rode en vennote.
Rode se woonstelhuurindeks vir Pretoria het met 12% gestyg terwyl Kaapstad laer was teen 7%. In Port Elizabeth het huur met slegs 0,1 persent toegeneem.
Die groei in Johannesburg, Durban en Pretoria word veroorsaak deur die gebrek aan beskikbare woonstelle om te huur.
Volgens die verslag is wooneenhede wat leegstaan in die meeste Suid-Afrikaanse stede nou minder as 5%.
Dis ook nou duurder om 'n woonstel in Johannesburg as in Kaapstad te huur.

Ru-oliepryse het gister in Londen tot $144 per vat gestyg nadat data vrygestel is wat 'n daling in Amerikaanse ru-olievoorrade aantoon.
Die Nederlanders het pas reëls oor die gebruik van tabak in openbare ruimtes strenger gemaak.
Die konglomeraatmaatskappy Lonrho het aangekondig dat dit 'n buitengewone diamant van 18.39 karaat by sy Schmidtsdriftmyn in Suid-Afrika ontdek het.