Mynwinsgrense is besig om te krimp

Daar was verlede jaar 'n dramatiese afname in die winsgrense van mynmaatskappye vanweë kostestygings.

Volgens 'n verslag wat deur PricewaterhouseCoopers vrygestel is, het die inkomste van die topveertigmynmaatskappye met 32% in 2007 gegroei, maar kostes het met 38% toegeneem.

Die verslag toon ook dat mynbou in ontluikende ekonomieë verlede jaar gesukkel het om met die vraag tred te hou.

Vaardigheidstekorte asook die hoër lewenskoste in myndorpe verteenwoordig verwante faktore.

Die totale opbrens aan aandeelhouers vir die top-40 was gemiddeld 119% in 2007, teenoor 55% in 2006.

Vir die eerste keer in vyf jaar is die kontantvloei vanuit die bedryf aangevul deur finansiering van buite om die toename in beleggings te dek.

мультимарочные сканерыФильчаков прокурор харькова