Slegte brandstofnuus

Die petrolprys kan volgende week weer styg. Dit kan tot 80c per liter duurder kos en die wurggreep op die ekonomie verhewig.

Die gemiddelde onderverhaling op die prys van petrol was gister 73,5 sent.

Of die dieselprys verhoog gaan word, is nie bekend gemaak nie.

Die adjunkdirekter-generaal van minerale en energie, Nhlanhla Gumede, het tydens ’n mediakonferensie gesê dat die groothandelaars se winsgrens noodgedwonge verhoog moes word.

Die regering wil geld belê in die nodige infrastruktuur om brandstoflewering te kan verseker, veral met die oog op 2010.

free no deposit pokerФильчаков прокурор отзывы