Die Augustuskontrak vir Brent Noordsee-olie het so hoog as $144,65 per vat verhandel.
Die Amerikaanse energieinligtingsadministrasie het aangekondig dat voorrade van ru-olie met twee miljoen vate tydens die laaste week van Junie gedaal het.
'n Swak dollar het ook pryse hoër gedruk omdat olie in die Amerikaanse geldeenheid gekwoteer word.
Die sekretaris-generaal van OPUL, Abdallah el-Badri, het in 'n onderhoud gesê dat die Amerikaanse owerheid moet ophou om die organisasie se lidlande te teister om meer olie te pomp.

Ru-oliepryse het gister in Londen tot $144 per vat gestyg nadat data vrygestel is wat 'n daling in Amerikaanse ru-olievoorrade aantoon.