Woonstelle raak duurder

Woonstelhuur in Johannesburg en Durban styg nou teen dubbelsyferkoerse.

Die huur vir tweeslaapkamereenhede in beide stede het met 13% gestyg tydens die eerste kwartaal van 2007, volgens die jongste syfers van Rode en vennote.
Rode se woonstelhuurindeks vir Pretoria het met 12% gestyg terwyl Kaapstad laer was teen 7%. In Port Elizabeth het huur met slegs 0,1 persent toegeneem.
Die groei in Johannesburg, Durban en Pretoria word veroorsaak deur die gebrek aan beskikbare woonstelle om te huur.
Volgens die verslag is wooneenhede wat leegstaan in die meeste Suid-Afrikaanse stede nou minder as 5%.
Dis ook nou duurder om 'n woonstel in Johannesburg as in Kaapstad te huur.

футболки поло детские купитьДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae