praag.co.za

Afrika se elektrisiteitsprobleme te wyte aan swak bestuur

Written by

in

Volgens die hoof van die Unie van produsente, vervoerders en verspreiders van elektriese krag in Afrika, Eddie Njoroge, het die aanbod van elektrisiteit op die vasteland agteruitgegaan ondanks geweldige natuurlike hulpbronne wat geredelik in Afrika se behoeftes kon voorsien.

Volgens president Mwai Kibaki van Kenia, geniet slegs 10% van die bevolking in die meeste Afrikalande toegang tot elektrisiteit. In landelike gebiede is dit so laag as 4%.

Suid-Afrika is een van die lande wat ernstige verskaffingsprobleme in die gesig staar wat ontwrigtende kragonderbrekings veroorsaak.

Een van die grootste probleme in Afrika is dat posisies in elektrisiteitsmaatskappye gewoonlik politieke baantjies vir boeties verteenwoordig pleks dat hulle deur bekwame bestuurders gevul word.

arabian knights gameданильченко юрій Харків

Comments

Leave a Reply