Saoedi-koning blameer spekulante

Koning Abdoella van Saoedi-Arabië het spekulante aangeval by die olieprysberaade wat oor die naweek in Jedda gehou is en 'n beroep op groter

Image

Koning Abdoella

deursigtigheid in die markte gedoen.

Die koning het verder belowe om produksie te verhoog om markspanninge te ontlont.

Hy het hom ook teen verhoogde oliekonsumpsie en belastings op brandstof uitgelaat.

Die Verenigde State en ander Westerse lande het produksietekorte geblameer terwyl Saoedi-Arabië en OPUL-lede gesê het dat spekulante 'n sleutelrol speel.

OPUL was egter verdeeld daaroor of hulle die Saoedi-voorstel vir verhoogde produksie moet steun, aldan nie.

Die finale communiqué deur leiers en ministers van die 36 nasies het gevra vir strenger beheer oor oliemarkte en verhoogde beleggings in raffineerkapasiteit.

баня подФильчаков прокурор харькова