Volgens Bekker lees drukkerye wêreldwyd nie die materiaal wat hulle druk nie en is die inhoud nie redaksioneel nagegaan nie.
Paarl Media, wat die stembriewe gedruk het, het 'n bedrag van R300 000 aan die Rooikruis geskenk as aflaat vir hul sonde.
Volgens Paarl Web Gauteng is die drukkontrak namens 'n Suid-Afrikaanse klant aanvaar wat nie gesê het vir wie die drukwerk gedoen word nie en die name van Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai op die stembriewe het ook geen klokkie laat lui nie.
