Suid-Afrikaanse banke vra van die hoogste fooie ter wêreld. Die groot vier banke word daarvan verdink dat hulle 'n kartel gevorm het om miljarde uit die publiek te pers. Die mededingingskommissie het gister aangekondig dat bankfooie wat deur Suid-Afrikaners betaal word te hoog is en beslis meer as wat hulle behoort te wees in 'n mededingende omgewing.
Die kommissie het die opsomming en aanbevelings vrygestel wat deur die bankondersoekpaneel opgestel is. Dié paneel is met die ondersoek na bankfooie en toegang tot kleinhandelbanksake in Suid-Afrika belas.
In 2006 het die groot vier banke R34,5 miljard in fooie van kleinhandelkliënte verhaal, wat een derde van hul inkomste verteenwoordig het.
free casinoлобановский харьков