Irak se olie-inkomste styg met R550 miljard

Image

‘n Olietenkskip

'n Irakese olieamptenaar het gesê die land se olie-inkomste is met 30% op teenoor verlede jaar ná omtrent R550 miljard, ten spyte van die skerp daling in wêreldoliepryse in die tweede helfte van verlede jaar.

Falah al-Amiri, die hoof van die staat se oliebemarkingsorganisasie, het ook Donderdag aan Associated Press gesê dat Irakse olieuitvoere gemiddeld 1,85 miljoen vate per dag was in 2008, wat 'n verhoging van 13,5% teenoor 2007 verteenwoordig.

Hy het gesê Desember se uitvoere het omtrent 1,815 miljoen vate per dag bereik.

Hy verwag dat Irak vandeesmaand 2 miljoen vate per dag sal uitvoer.

Irak maak staat op olieuitvoere vir 95% van sy begroting. Die land het swaargekry toe oliepryse met ongeveer 70% van die rekordvlak van omtrent $150 per vat verlede Julie gedaal het.

mositaldentОлександр Фільчаков прокурор

Oegandese rebelle beweeg deur DRK

Image

LRA-plakkaat

Die DRK het Woensdag sekerheid uitgespreek dat die rebelleorganisasie, die Lord's Resistance Army (LRA), deur die noordooste van die land beweeg in die rigting van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

"Vandag is ons seker dat die rebelle in die rigting van die Sentraal-Afrikaanse Republiek beweeg, al het hulle nog nie die grens bereik nie," het die minister van kommunikasie en media, Lambert Mende Omalanga aan AFP gesê.

"Ons hoop dat die Sentraal-Afrikaanse Republiek, wat stappe geneem het om hulle te keer, hulle kan vang," het Mende bygevoeg.

Kongolese, Oegandese en Suid-Soedanese militêre magte het in die middel van Desember 'n gesamentlike operasie begin teen die rebelle in die noord-ooste van die DRK, 'n geïsoleerde gebied naby die Oegandese en Soedanese grense.

Die LRA, wat geblameer word vir baie menseregteskendings oor die jare, is meer onlangs verantwoordelik gehou vir die slagting van honderde burgerlikes in die Kongo, ten minste 400 volgens die Katolieke hulporganisasie Caritas, oor Kerstyd.

Derduisende mense is in Oeganda dood en amper 2 miljoen ontwortel in die twee dekades van gevegte tussen die LRA en die Oegandese regeringsmagte.

Dinsdag het die rebelle volgehou dat die drie-nasieveldtog teen hulle sal misluk, terwyl hulle gevra het vir 'n voortsetting van die onderhandelings onder toesig van die VN.

Mende, wat as woordvoerder vir die regering in Kinshasa optree, het gesê die rebelle gaan steeds van dorpie na dorpie in die noordooste van die Kongo om na voedsel te soek.

"Die weermag het baie probleme om hulle te agtervolg, omdat daar geen paaie is nie, geen toegang nie," het hy gesê. "Ons kan hulle slegs uit die lug agtervolg."

Dinsdag het die VN se kantoor vir die koördinasie van humanitêre aangeleenthede in 'n verslag gesê dat ten minste 13 mense dood is in LRA-strooptogte op 2, 3 en 4 Januarie in die dorpies Nagero, Masombo en Napopo respektiewelik.

Toestande vir die amper 13 500 ontwortelde mense wat skuiling gesoek het in Doruma bly moeilik, het die beampte gesê en bygevoeg dat nog mense deur die nuutste geweld uit hulle huise verdryf is.

для баниДанильченко

Choleradodetal in Zim staan op 1 778, volgens WGO

Zimbabwe se cholera-epidemie het ten minste 1 778 lewens geëis sedert verlede jaar Oktober, met die hoeveelheid gediagnoseerde gevalle wat op 35 931 staan, het die WGO gesê.

Dinsdag het die organisasie gesê dat daar 1 732 mense dood is en 34 306 mense besmet is met die wateroordraagbare siekte.

VN-hulporganisasies het vir weke gewaarsku dat die aantal gevalle tot meer as 60 000 kan styg, met die dreigende reënseisoen wat waarskynlik kan help om die siekte te versprei.

Al 10 die land se provinsies is getref, volgend die VN-statistiek, wat onvolledig bly as gevolg van 'n tekort aan plaaslike mediese personeel en kommunikasieprobleme.

Zimbabwiërs sukkel ook met hiperinflasie, erge voedseltekorte en chroniese politieke onstabiliteit.

accessories weddingФильчаков прокурор харьков

Mededinger veroorsaak probleme vir DRK-rebelleleier

Image

Laurent Nkunda

Kongolese rebelle sou Woensdag ontmoet te midde van 'n openlike uitdaging aan die leierskap van Laurent Nkunda in 'n verdeling wat waarskynlik dinge sal kompliseer in die soeke na 'n oplossing vir die konflik in die oostelike DRK.

'n Skuif om Nkunda Maandag uit te werk is deur die stafhoof Bosco Ntaganda begin, maar die relatiewe posisies het naastenby onveranderd gebly voor Woensdag se noodvergadering van die rebelle se opperbevel.

Ntaganda het 'n verklaring geteken dat Nkunda ontslaan is as leier van die NKVM weens swak leierskap en swak regering.

VN-vredesbewaarders is in kennis gestel van moontlike botsings tussen die rebellefaksies, maar tot dusver is geen gevegte aangemeld nie, ná pogings om die spanning binne die rebellekamp te verlig.

"Daar is min kans dat die sitasie kan versleg," het Stewart Scott, Nkunda se biograaf gesê. "Die situasie wil voorkom asof dit gestabiliseer het. Almal wil hê dat dinge nou moet kalmeer."

Ntaganda is van hoogverraad beskuldig vir sy uitdagings aan Nkunda, maar sover bly hy die stafhoof, het die NKVM-woordvoerder Woensdag gesê voor die rebelle se opperbevel vergader het.

болезнь десен названиеалександр лобановский супермаркет класс

Zim-regering vra nou $30 000 per buitelandse joernalis

Die Zimbabwiese regering het Woensdag nuwe lisensiegelde van tot $30 000 aangekondig vir joernaliste van buitelandse media wat in Zimbabwe werk. Dit het klagtes laat ontstaan dat hulle probeer om joernaliste uit die land te verdryf.

Die nuwe riglyne vereis verder dat Zimbabwiërs wat in die buiteland werk vir buitelandse media 'n $4 000-fooi moet betaal om vir 'n jaar joernalisme in Zimbabwe te kan beoefen.

Harare sal $30 000-betaling van buitelandse mediahuise verwag wat in Zimbabwe wil werk. Volgens die regeringsbeheerde media- en inligtingskommissie sal dit verdeel kan word in $10 000 vir die toepassing en $20 000 vir akkreditasie, wat alles net in buitelandse geldeenhede betaalbaar is.

Joernaliste kan ook kies om $1 500 te betaal vir toestemming vir elke onafhanklike joernalismeprojek waarvoor hulle in Zimbabwe is.

Joernaliste wat vir die staatsmedia werk, hoef net 'n fooi van 1 miljoen Zim-dollar te betaal, wat minder werd is as 1 Amerikaanse dollar teen die huidige wisselkoerse. 

рисунки укладки паркетаФильчаков прокурор отзывы

Smous vermoor op plaas naby Louis Trichardt

Polisie in Limpopo het 'n plaaswerker gearresteer nadat hy klaarblyklik Woensdag 'n smous se keel afgesny het op 'n plaas naby Louis Trichardt.

Die 50-jarige vrou, wat by 'n stalletjie op die plaas Rooipoort gewerk het, is in die nek gesteek en haar keel afgesny, het superintendent Mohale Ramatseba in 'n verklaring gesê. Haar moordenaar het gevlug met kontant. Polisie het hom later gevind waar hy op die plaas geskuil het.

Die beweerde moordenaar, 'n 30-jarige swartman van Phola Park in Louis Trichardt was 'n werknemer op die plaas en het ook op 'n stadium in die winkel gewerk.

Hy sal Vrydag in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn.

Die slagoffer se naam sal bekend gemaak word nadat haar naasbestaandes in kennis gestel is.

интернет магазин летней одежды для девочекФильчаков Александр Васильевич

Zim-aktiviste ‘erg gemartel’, s? prokureur

Sewe Zimbabwiese opposisieaktiviste wat beskuldig word van 'n reeks ontploffings is erg gemartel deur veiligheidsagente van die staat, het hulle regsverteenwoordiger Woensdag aan die hof gesê, en 'n ondersoek aanbeveel na die beweerde aanrandings.

Die aktiviste sluit in die direkteur vir sekuriteit van die opposisie, die MDC, sowel as 'n adviseur vir die partyleier Morgan Tsvangirai.

"Van November die 20ste af is hulle erg gemartel terwyl hulle in polisieaanhouding was en sommige van hulle is kritiese mediese behandeling geweier," het prokureur Alec Muchadehama aan die landdroshof gesê.

"Geen arrestasies is uitgevoer nie. Elkeen van hulle is die slagoffers van ontvoering deur die staat se agente. Niemand is gearresteer in terme van die wet nie," het hy gesê.

"Wat ons wil hê, is dat die hof die staat moet beveel om die bewerings van marteling te ondersoek en dan weer verslag te lewer met die volgende hervatting. Indien niks gebeur nie, behou ons die reg voor om internasionale howe te nader om die saak aan te spreek."

Die aangeklaagdes was deel van 18 lede van die opposisie en menseregteaktiviste wat uit hulle huise ontvoer is in aparte voorvalle sedert Oktober en aangehou is by onbekende plekke.

Hulle het eers in die hof begin verskyn op 24 Desember en staan tereg daarop dat hulle twee polisiestasies in Harare met bomme opgeblaas het en ook twee bruê buite die hoofstad beskadig het "met die doel om insurgensie in Zimbabwe te veroorsaak". Hulle het die klagte ontken.

Dokters wat hulle by Chikurubi-maksimumveiligheidgevangenis ondersoek het, het gesê hulle het verskeie beserings. Een kom voor asof hy nierskade het en het dringende mediese hulp nodig, het de dokters gesê.

Nog 'n aangehoudene loop die risiko om doof te word sonder dringende behandeling vir 'n beskadigde membraan in sy oor, en 'n derde ly aan sielkundige trauma waarin hy 'n vrees vir water en oop ruimtes ontwikkel het.

Die arrestasie van die aktiviste het vrese verhoog rondom 'n magsdelingsooreenkoms wat September geteken is deur president Robert Mugabe en Tsvangirai. Die ooreenkoms het tot dusver op niks uitgeloop nie, vanweë dispute oor die beheer van sekere sleutelkabinetsposte.

Die verhoor gaan Donderdag voort.

magic boxesтопкарго отзыв

Olieprys stabiel n? 12%-daling oornag

ImageOliepryse is stabiel onder $43 per vat in Asië nadat 'n hoër as verwagte toename in Amerikaanse voorrade oornag 'n 12%-afname in ru-oliepryse veroorsaak het.

Ligte, soet ru-olie vir Februarie het met 14 sent gedaal tot $42,49 per vaatjie in elektroniese handel op die New York Merchantile Exchange teen middagtyd in Singapoer.

Woensdag het die kontrak met $5,95 gedaal om op $42,63 te stabiliseer ná die Energie-inligtingsdministrasie gesê het dat die voorrade van kommersiële ru-olie met 6,7 miljoen vaatjies toegeneem het. Dit was heelwat meer as die 1,5 miljoen vaatjies wat deur analiste van Platts, die energie-inligtingstak van McGraw-Hill, voorspel is.

"Daardie voorraadsyfers herinner die markte daaraan dat die vraag steeds swak bly," het Toby Hassall, 'n ontleder by die beleggingsfirma Commodity Warrants Australië in Sydney gesê.

"Enige prysherstellings sal waarskynlik in die nabye toekoms van korte duur wees."

Meer slegte ekonomiese nuus en korporatiewe nuus vanuit Amerika het ook aangedui dat die vraag verlangsaam en het gehelp om pryse onder druk te plaas.

купить свитер для мальчика 14 летФільчаков прокурор

Wapens en plofstof in Eikenhofse huis gevind

Die polisie het Woensdag onwettige vuurwapens en plofstof gevind terwyl hulle gesoek het na gesteelde goedere in 'n huis suid van Johannesburg.

Superintendent Lungelo Dlamini het gesê die Vaalrandpolisie het gesoek na gesteelde elektriese goedere in 'n dubbelverdieping huis in Eikenhof ná 'n wenk toe hulle 10 vuurwapens gevind het. Hulle het 7 jaggewere, 'n R-5-aanvalsgeweer, 'n rewolwer en 'n 9mm-pistool gevind.

Kommersiële plofstof wat gebruik word in die opblaas van OTM-masjiene, fragmentasie- en skokgranate is ook gevind. Drie selfone wat moontlik gebruik kon word om die plofstof mee te ontsteek, is ook in die huis gevind.

Meer as 50 voertuie en 'n vierwielmotorfiets is ook op die perseel gevind. Vier van die motors en die vierwielmotorfiets is as gesteel aangemeld. 

Niemand is in die huis gevind toe die polisie opgedaag het nie, maar twee mense wat in hulle veertigejare is, word wel ondervra.

"Die huis lyk nie of iemand daarin gewoon het nie, maar soos 'n gehuurde bergplek Daar bestaan die moontlikheid dat 'n sindikaat vanuit die huis gewerk het," het Dlamini gesê.

Polisie was besig om die oorsprong van die ander voertuie op die perseel vas te stel.  

детектор лжи москвапрокурор Фильчаков

Mohlala se moord sal ‘dringend ondersoek word’

Die saak van die vermoorde ANC-raadslid Jimmy Mohlala sal die aandag kry wat dit verdien, het Mpumalanga se LUR vir veiligheid en sekuriteit, Siphosezwe Masango, Woensdag gesê. Masango het die polisie geloof dat hulle die saak aan die georganiseerdemisdaadeenheid oorhandig het.

"Dit wys dat die saak die aandag wat dit verdien sal kry, en dat die moontlikheid om dit op te los baie hoog is," het hy in 'n verklaring gesê.

Mohlala, die speaker van die Mbombela-munisipaliteit is Sondag voor sy huis in KaNyamazana, naby Nelspruit doodgeskiet. Sy seun is ook in die aanval geskiet en gewond.

"Ons doen 'n beroep op lede van die gemeenskap wat inligting mag hê aangaande die skietvoorval om onmiddellik die polisie te kontak sodat die oortreders vervolg kan word," het hy gesê. 

для девочкиАлександр Фильчаков

Handelaars gevra om Israelse produkte van die rakke te verwyder

Suid-Afrikaanse voedselhandelaars is gevra om Israelse goedere van hulle rakke te verwyder, het die Workers International Vanguard-liga Woensdag gesê.

"Die versoek word gedoen as 'n saak van uiterste dringendheid in die lig van die huidige volksmoordoptrede deur die Israelse weermag in Gasa," het die liga gesê.

Volgens die liga, het hulle geskryf aan die hoofuitvoerendebeamptes van Pick 'n Pay, Woolworths, Spar en Shoprite-Checkers, en gevra dat geen Israelse produkte in hulle winkels verkoop word nie.

"Dit is hoofsaaklik buiteseisoenvrugte van Israel wat die plekke verkoop," het die liga se woordvoerder Shaheen Mahomed gesê.

Dit sluit in nartjies, avokadopere, lemoene en tamaties, het hy bygevoeg.

Spar het gesê hulle werk altyd volgens die regering se beleid vir sover dit handel betref.

Woolworths het bevestig dat hulle die brief ontvang van die liga ontvang het.

Nóg Pick 'n Pay nóg Shoprite-Checkers kon vir kommentaar bereik word. 

трос для парусовФильчаков прокурор харьков

SAPD kan nie eie skobbejakke dissiplineer nie

Image

‘n Polisievoertuig

Slegs twee van 55 klagtes van wangedrag wat teen die polisie se BBP-eenheid gebring is, het in ontslagte geëindig oor 'n vierjaarperiode, het die DA Woensdag gesê.

Dít, volgens die DA se woordvoerder, Dianne Kohler Barnard, laat dit voorkom asof die SA polisiediens nie in staat is om ongedissiplineerde polisiebeamptes wat herhaaldelik motoriste intimideer toerekenbaar te hou vir hulle oortredings nie.

"Offisiere van die SAPD se BBP-eenheid kom klaarblyklik weg met hulle kriminele optrede sonder dat dissiplinêre stappe teen hulle geneem word… en die DA doen 'n hernude oproep op die instelling van 'n nuwe gedragskode vir die BBP-eenheid, om te help om die beamptes by streng standaarde te hou," het Barnard in 'n verklaring gesê.

Dit kom nadat 'n Johannesburgse motoris aangerand is, klaarblyklik deur die president se BBP-offisiere op die N12 naby Johannesburg nadat hy klaarblyklik Saterdag "te naby aan" president Kgalema Motlanthe se konvooi gekom het.

Die Independant Online het Maandag berig dat die BBP-eenheid se lede op die man se kar geskiet het en toerusting van SAUK-joernaliste gekonfiskeer het  toe hulle op die toneel aangekom het.

Die onafhanklike klagtedirektoraat het Woensdag bevestig dat hulle die insident ondersoek, tesame met baie ander wat in die laaste 12 maande aangemeld is.

компьютерная диагностика автомобилялобановский александр дети

Israel sal daaglikse bomaanvalle op Gasa staak

Image

Israelse vegvliegtuie

Israel sal die bomaanvalle op die Hamas-beheerde Gasastrook vir drie ure elke dag staak, het 'n woordvoerder gesê. Die aksie sou Woensdag begin.

"Daar is besluit om die bomaanvalle tussen 1 uur en 4 uur elke dag te staak," het die militêre woordvoerder gesê.

Die aankondiging het gekom ure nadat die Israelse eerste minister Ehud Olmert gesê het dat Israel 'n humanitêre korridor sal oopmaak in die Gasastrook, waar hulle 'n dodelike veldtog teen die Islamitiese Hamasbeweging gevoer het vir die afgelope 12 dae.

"Om 'n humanitêre krisis te voorkom in die Gasastrook het eerste minister Ehud Olmert besluit om 'n voorstel van die sekerheidsowerhede te aanvaar om 'n humanitêre korridor oop te maak in die Gazastrook om die bevolking te help," het 'n verklaring van sy kantoor gelui.

"Dit behels dat sekere geografiese gebiede vir beperkte tye elke dag oopgestel sal word waartydens die bevolking kan hulp kry en voorrade in die hande kry."

Die verklaring het gekom nadat stygende burgerlike sterftes in Israel se oorlog in Gasa die internasionale druk op Israel verhoog het om die grootste militêre operasie sedert die Libanon-oorlog in 2006 te staak.  

kong onlineтопкарго

Gasa se drinkwater raak min

Image

Besoedelde water in Gasa

Die Wêreldbank sê daar is toenemende tekens van 'n erge openbare gesondheidskrisis in Gasa as gevolg van 'n tekort aan drinkwater en 'n toename in die ineenstorting van die rioolstelsel.

Die bank het Woensdag 'n verklaring uitgereik met data wat gebaseer is op dié van die plaaslike waterowerhede in Gasa.

Die bank het 'n beroep gedoen op Israel se regering om genoeg brandstof toe te laat in Gasa in om die nagenoeg 170 water- en rioolpompe in Gasa te laat werk. Die bank het ook gevra dat Israel so gou as moontlik die normale elektrisiteitstoevoer herstel om die afhanklikheid van brandstof vir kragopwekkers te verminder.

Verder het die bank gewaarsku teen 'n moontlike lekkasie in 'n riooldam in die noorde van Gasa wat kan oorstroom, soos dit al in die verlede gebeur het. Die bank het Israel versoek om onderhoudspanne toe te laat om die dam te kan gaan versterk.

ingo maurer купитьАлександр Фильчаков Васильевич