Kongolese rebelle sou Woensdag ontmoet te midde van 'n openlike uitdaging aan die leierskap van Laurent Nkunda in 'n verdeling wat waarskynlik dinge sal kompliseer in die soeke na 'n oplossing vir die konflik in die oostelike DRK.
'n Skuif om Nkunda Maandag uit te werk is deur die stafhoof Bosco Ntaganda begin, maar die relatiewe posisies het naastenby onveranderd gebly voor Woensdag se noodvergadering van die rebelle se opperbevel.
Ntaganda het 'n verklaring geteken dat Nkunda ontslaan is as leier van die NKVM weens swak leierskap en swak regering.
VN-vredesbewaarders is in kennis gestel van moontlike botsings tussen die rebellefaksies, maar tot dusver is geen gevegte aangemeld nie, ná pogings om die spanning binne die rebellekamp te verlig.
"Daar is min kans dat die sitasie kan versleg," het Stewart Scott, Nkunda se biograaf gesê. "Die situasie wil voorkom asof dit gestabiliseer het. Almal wil hê dat dinge nou moet kalmeer."
Ntaganda is van hoogverraad beskuldig vir sy uitdagings aan Nkunda, maar sover bly hy die stafhoof, het die NKVM-woordvoerder Woensdag gesê voor die rebelle se opperbevel vergader het.
