PAC maak beswaar teen Suzman se naam op gebou

Image

Helen Suzman

Helen Suzman was 'n dapper vrou, maar die Marksgebou in parlement behoort nie na haar vernoem te word nie, het die Pan-Afrikakongres Woensdag gesê.

"Die Marksgebou in die parlement behoort die Sharpevillegebou genoem te word, indien die naam verander word," het die PAK se LP, Motsoko Pheko, in 'n verklaring gesê.

"Ek respekteer Helen Suzman, sy was 'n dapper persoon," het hy bygevoeg.

"Mev. Suzman verdien om vereer te word, maar dit is ook van toepassing op baie ander PAK-leiers soos Mangaliso Sobukwe, Zeph Mothopeng, Jeff Masemola en Nyati Pokela wat geïgnoreer is."

Dinsdag het die DA gesê dat die parlement se Marksgebou, wat lank reeds die tuiste van die opposisiepartye binne die parlementêre kompleks in Kaapstad is, se naam verander moet word na die Helen Suzmangebou.

Dit sal 'n gepaste manier wees om in die openbaar haar bydrae tot 'n nie-rassige samelewing wat gebaseer is op konstitusionele demokrasie te vereer, het die DA-leier, Helen Zille gesê.

Helen Suzman, 'n kritikus van apartheid, het op Nuwejaarsdag gesterf in die ouderdom van 91 jaar, en is verlede Sondag in Johannesburg begrawe.

осушитель влагиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae