Israel bombardeer Gasa terwyl VSA voorstel vir skietstaking steun

Image

Israelse tenk

Israeli-vegvliegtuie het teikens in die Gasastrook gebombardeer terwyl tenks nader gekruip het aan stellings van Palestynse guerrillas, terwyl Amerikaanse ondersteuning vir 'n skietstilstand verwagtinge vir 'n einde aan die offensief laat toeneem.

Inwoners in Gasa het die oornagbombardement aan die ooste van die stad as die ergste in die 13 dae lange offensief beskryf. In die suide het 'n kolom tenks nader aan die stad Khan Younis beweeg, het getuies gesê.

Alhoewel Israel aangehou het moet die offensief, het hulle aangedui dat hulle die "beginsel" van 'n Europees-Egiptiese voorstel vir 'n skietstilstand aanvaar. Amerika het Israel aangemoedig om die voorstel te bestudeer.

"Ons glo dat 'n skietstilstand nodig is," het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Gondoleezza Rice, gesê.

Israel se aanval het weer voortgegaan ná 'n kort stilte Woensdag om Gasa se 1,5 miljoen inwoners te help om voorrade te bekom wat hulle dringend nodig het. Dit was die eerste breuk in die aanval van amper twee weke waarin mediese personeel sê 658 Palestyne dood is.  

mobile casino noЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae