Suid-Afrikaanse voedselhandelaars is gevra om Israelse goedere van hulle rakke te verwyder, het die Workers International Vanguard-liga Woensdag gesê.
"Die versoek word gedoen as 'n saak van uiterste dringendheid in die lig van die huidige volksmoordoptrede deur die Israelse weermag in Gasa," het die liga gesê.
Volgens die liga, het hulle geskryf aan die hoofuitvoerendebeamptes van Pick 'n Pay, Woolworths, Spar en Shoprite-Checkers, en gevra dat geen Israelse produkte in hulle winkels verkoop word nie.
"Dit is hoofsaaklik buiteseisoenvrugte van Israel wat die plekke verkoop," het die liga se woordvoerder Shaheen Mahomed gesê.
Dit sluit in nartjies, avokadopere, lemoene en tamaties, het hy bygevoeg.
Spar het gesê hulle werk altyd volgens die regering se beleid vir sover dit handel betref.
Woolworths het bevestig dat hulle die brief ontvang van die liga ontvang het.
Nóg Pick 'n Pay nóg Shoprite-Checkers kon vir kommentaar bereik word.
