Die saak van die vermoorde ANC-raadslid Jimmy Mohlala sal die aandag kry wat dit verdien, het Mpumalanga se LUR vir veiligheid en sekuriteit, Siphosezwe Masango, Woensdag gesê. Masango het die polisie geloof dat hulle die saak aan die georganiseerdemisdaadeenheid oorhandig het.
"Dit wys dat die saak die aandag wat dit verdien sal kry, en dat die moontlikheid om dit op te los baie hoog is," het hy in 'n verklaring gesê.
Mohlala, die speaker van die Mbombela-munisipaliteit is Sondag voor sy huis in KaNyamazana, naby Nelspruit doodgeskiet. Sy seun is ook in die aanval geskiet en gewond.
"Ons doen 'n beroep op lede van die gemeenskap wat inligting mag hê aangaande die skietvoorval om onmiddellik die polisie te kontak sodat die oortreders vervolg kan word," het hy gesê.
