Wapens en plofstof in Eikenhofse huis gevind

Die polisie het Woensdag onwettige vuurwapens en plofstof gevind terwyl hulle gesoek het na gesteelde goedere in 'n huis suid van Johannesburg.

Superintendent Lungelo Dlamini het gesê die Vaalrandpolisie het gesoek na gesteelde elektriese goedere in 'n dubbelverdieping huis in Eikenhof ná 'n wenk toe hulle 10 vuurwapens gevind het. Hulle het 7 jaggewere, 'n R-5-aanvalsgeweer, 'n rewolwer en 'n 9mm-pistool gevind.

Kommersiële plofstof wat gebruik word in die opblaas van OTM-masjiene, fragmentasie- en skokgranate is ook gevind. Drie selfone wat moontlik gebruik kon word om die plofstof mee te ontsteek, is ook in die huis gevind.

Meer as 50 voertuie en 'n vierwielmotorfiets is ook op die perseel gevind. Vier van die motors en die vierwielmotorfiets is as gesteel aangemeld. 

Niemand is in die huis gevind toe die polisie opgedaag het nie, maar twee mense wat in hulle veertigejare is, word wel ondervra.

"Die huis lyk nie of iemand daarin gewoon het nie, maar soos 'n gehuurde bergplek Daar bestaan die moontlikheid dat 'n sindikaat vanuit die huis gewerk het," het Dlamini gesê.

Polisie was besig om die oorsprong van die ander voertuie op die perseel vas te stel.  

детектор лжи москвапрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae