Olieprys stabiel n? 12%-daling oornag

ImageOliepryse is stabiel onder $43 per vat in Asië nadat 'n hoër as verwagte toename in Amerikaanse voorrade oornag 'n 12%-afname in ru-oliepryse veroorsaak het.

Ligte, soet ru-olie vir Februarie het met 14 sent gedaal tot $42,49 per vaatjie in elektroniese handel op die New York Merchantile Exchange teen middagtyd in Singapoer.

Woensdag het die kontrak met $5,95 gedaal om op $42,63 te stabiliseer ná die Energie-inligtingsdministrasie gesê het dat die voorrade van kommersiële ru-olie met 6,7 miljoen vaatjies toegeneem het. Dit was heelwat meer as die 1,5 miljoen vaatjies wat deur analiste van Platts, die energie-inligtingstak van McGraw-Hill, voorspel is.

"Daardie voorraadsyfers herinner die markte daaraan dat die vraag steeds swak bly," het Toby Hassall, 'n ontleder by die beleggingsfirma Commodity Warrants Australië in Sydney gesê.

"Enige prysherstellings sal waarskynlik in die nabye toekoms van korte duur wees."

Meer slegte ekonomiese nuus en korporatiewe nuus vanuit Amerika het ook aangedui dat die vraag verlangsaam en het gehelp om pryse onder druk te plaas.

купить свитер для мальчика 14 летФільчаков прокурор