Taxi-bestuurders is die krygshere van die misdaadhool wat die land onder die ANC-bewind geword het. Hulle voer territoriale oorloë teen mekaar, bedreig ander padgebruikers en selfs hul eie passasiers.
Tydens die spitsverkeer soggens en saans kan honderde en duisende taxibestuurders gesien word wat verkeersreëls blatant verontagsaam en ander padgebruikers met minagting behandel. Nietemin tree die sogenaamde metropolisie nie teen hulle op nie. Die owerheid is besig om sienderoë die taxi-euwel te laat gedy en in dié opsig is Suid-Afrika nie anders as enige ander Afrikaland waar wet en orde dikwels selektief – indien hoegenaamd – toegepas word.
Die informele en baie onveilige vervoerstelsel wat taxi's verteenwoordig, is ook aan die wortel van die chaotiese plakkery rondom ons stede omdat enigiemand wat 'n plakkershut in die veld oprig uiteindelik iewers 'n taxi gaan vind om hom te vervoer. Ook word taxi's gebruik vir onwettige handel, onder andere in vuurwapens – terwyl wettige vuurwapeneienaars se wapens deur die owerheid gekonfiskeer word met behulp van sy lomp en kwaadwillige wapenwette.
Taxi's is boonop vir 'n hoë persentasie van padongelukke verantwoordelik. Dit kos die land jaarliks miljarde aan voertuigskade, lewensverlies en gesondheidsdienste.
Terwyl Maria Ramos die spoorvervoerstelsel vernietig het terwille van korttermynbesparings, is 'n groot deel van die bevolking – ook die groot aantal onwettige immigrante – afhanklik van dié kriminele agter die stuurwiel om hul van punt A na punt B te vervoer.
Slegs 'n eie staat sal die Afrikanervolk red van die gemors en geweld waarin die land versink het en mense wat dit ontken, is nie net onintelligent nie, maar ondersteun die groteske immoraliteit van hierdie stelsel.
Die taxibestuurders sal moor en misdaad pleeg solank as wat hulle toegelaat word en solank die vrome maar wrede voorstanders van "demokrasie" en "menseregte" die werklike bloedbad wat hulle in Suid-Afrika geskep het met hul leuens probeer kamoefleer.


Goudproduksie in Suid-Afrika het in 2008 met 13,6% gedaal tot sy laagste vlak sedert 1922, het Suid-Afrika se kamer van mynwese Dinsdag gesê.