Twee-en-sewentig veldskoolgangers in die hospitaal en twintig dood

Twee-en-sewentig veldskoolgangers is oor die naweek tot verskeie hospitale in die Ooskaap toegelaat omdat hulle óf ontwater was óf aan septiese wonde gely het.

Net nege van hulle is tot dusver ontslaan.

Die besnydenisdodesyfer in die Ooskaap het volgens die provinsiale gesondheidsdepartement reeds twintig bereik.

Die departement is besig om in samewerking met die polisie op onwettige veldskole toe te slaan en hulle te sluit.

'n 15-jarige het oor die naweek by 'n onwettige veldskool naby Lusikisiki in die Transkei gesterf.

Ongeregistreerde tradisionele chirurge en verpleegsters is ook in hegtenis geneem.online games.co.ukФильчаков прокурор отзывы

All Black-skrum onwettig

Die Suid-Afrikaanse rugby-afrigter Peter de Villiers het die All Blacks van onwettige skrumtegniek beskuldig.

 
Sy beskuldiging kom twee dae nadat Nieu-Seeland die drienasiestoets in Wellington met 19-8 gewen het.
 
Hy sê die loskopstut Tony Woodcock het die voorafkontak gemanipuleer om die skrum te destabiliseer.

Volgens hom is die Nieu-Seelanders in vorige wedstryde daarvoor gestraf maar dié keer het die skeidsregter anderpad gekyk.

De Villiers meen die Springbokke sal moet oorweeg om soms ook onwettige metodes te gebruik.

разрешенные моющие средства в детских садахлобановский александр харьков

Man steel 126 selfone

ImageDie Wesrandse polisie het 'n man gister in Kagiso in hegtenis geneem omdat hy in die besit van 126 gesteelde selfone was.

Inspekteur Solomon Sibiya het gesê dat speurders van die Kagiso-tak gereageer het op 'n wenk van lede van die publiek dat die man besig was om selfone in uitbreiding 12 te verkoop.

Die meeste van die selfone is mee gepeuter en was nie op die man se naam geregistreer nie.

Die beweerde dief sal vandag in die Krugersdorpse landdroshof op 'n klag van die onwettige besit van gesteelde goedere verskyn.

ресиверлобановский депутат

ANC-geweld gaan voort

Nuwe verslae van skietery en misdadige gedrag het na verlede week se messtekery van 'n ANC-streeksorganiseerder na vore gekom.

Die twee mans wat Mpho Madevu verlede Dinsdag gesteek het, is nou in die hospitaal waar hulle vir skietwonde behandel word.

'n Woordvoerder vir die Noordwespolisie, Pieter du Plessis sê poging tot moord word ondersoek.

'n Provinsiale ANC-woordvoerder Oupa Matla sê hy kon nie die skietvoorvalle bevestig nie.

Hy het egter verwys na twee nuwe voorvalle in Schweizer-Reneke waarin ANC-lede aangerand is.

пескоструйная обработка дисковданильченко юрій броніславович

Mugabe wou blykbaar afstand doen van mag

Die Washington Post beweer dat Robert Mugabe geglo het dat hy die presidentsverkiesing op die middag van 30 Maart verloor het en dat hy die volgende dag van die mag sou afstand doen.

 
Hy het met topveiligheidsbeamptes in sy regering vergader om die kwessie te bespreek.

Die inligting is vervat in geskrewe notas van een deelnemer aan die vergadering.

Twee ander mense met direkte kennis van die gebeure het die geskrewe inligting bevestig.

Zimbabwe se militêre hoof, generaal Chiwnga, het geantwoord dat die besluit om te gaan nie van Mugabe alleen afhang nie.

new mobile casino no deposit bonusлобановский супермаркет класс

Mbeki stelTsvangirai as eerste minister voor

Image

Morgan Tsvangirai

President Thabo Mbeki het voorgestel dat Morgan Tsvangirai eerste minister word maar dat Robert Mugabe as Zimbabwe se staatshoof aanbly, berig die Guardian vandag.

Mbeki het Mugabe Saterdag in Harare ontmoet. Tsvangirai het egter nie die vergadering bygewoon nie.

Daar word verwag dat die G8-lande stappe teen Zimbabwe gaan bespreek vanweë geweld wat teen opposisie-ondersteuners gebruik is.

Die VSA hoop dat die vergadering van wêreldleiers in Japan Mugabe skerp sal veroordeel en die wettigheid van sy regering sal bevraagteken.

гингивит симптомылобановский александр игоревич харьков

Daar wag dalk streng sanksies op Zimbabwe

Eise vir streng sanksies teen Zimbabwe klink al hoe harder op.

Reeds het die Britse supermarkgroep Tesco besluit om die land te verlaat nadat die Duitse maatskappy Giesecke & Devrient besluit het om nie langer papier vir die land se banknote te verskaf nie.

Standard Chartered, Barclaysbank, British American Tobacco, BP, Anglo American, Rio Tinto en Falgold is almal by Zimbabwe betrokke.

Die Amerikaanse maatskappye Chevron, Coca Cola en die Kanadese onderneming Bata-skoene doen ook almal sake in die land.

Skuiwe om die land te isoleer mag uitgebrei word na sport met die Internasionale Krieketraad wat daaroor debatteer of hulle Zimbabwe van internasionale mededinging moet uitsluit.

пескоструйная обработка дисковданильченко юрій броніславович

Britse buitelandse minister ongeduldig oor Zimbabwe

Image

David Miliband

Die Britse minister van buitelandse sake, David Miliband, wat tans op besoek aan Suider-Afrika verkeer, het gesê dit was dringend noodsaaklik om 'n oplossing vir die Zimbabwe-krisis te vind.

Volgens hom is die Mugabe-bewind nie die wettige verteenwoordiger van die mense se wil nie.

Hy het 2 000 vlugtelinge in Johannesburg ontmoet.

Miliband het ook 'n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die Amerikaanse sanksies teen Zimbabwe te ondersteun.

Miliband se besoek volg op Mbeki se besoek aan Harare 'n dag vroeër om samesprekings oor 'n regering van nasionale eenheid van stapel te stuur.

станции дляФильчаков Александр Васильевич

Jongman geskiet by Leeuparkrestaurant

Image'n 27-jarige man van Benoni is doodgeskiet toe hy sy hande gaan was het by die Leeuparkrestaurant in Muldersdrift. Die voorval het gister by die park plaasgevind met omtrent 1600 besoekers by die park en byna 100 mense in die restaurant.

Agt rowers het die park omstreeks 14:30 binnegekom, waarvan vier met 9mm-pistole gewapen was.

Die slagoffer Kurt Dieter Huppe se swanger vriendin en haar dogter het elders in die restaurant op hom gewag.

Volgens die bestuurderes van die Leeupark, het die rowers die totale opbrengs van die park, die winkel en die restaurant vir die dag geneem. Sekere restaurantgangers is ook van persoonlike besittings beroof.

play demo rouletteданильченко юрій Харків

Die regering takel kinderpornografie en molestering op die internet

ImageDie Suid-Afrikaanse regering het 'n anti-kinderpornografiewebwerf geloods, wat die eerste inisiatief van dié aard in Afrika is.

Die doel van die noodlyn is om die verspreiding van kinderpornografie en seksuele molestering deur die internet te verhoed.

Die webwerf laat internetgebruikers toe om pornografie met kinders en seksuele molestering op die net aan te meld en aan die kaak te stel.

Selfs webwerwe buite Suid-Afrika kan ook aangemeld word.

Alle inligting sal met die uiterste vertroulikheid gehanteer word.

En in Nieu-Seeland is televisiekykers, waaronder kinders, weens 'n "stelselfout" aan pornografie blootgestel.

Kykers wat die naweek op televisie na 'n plaaslike rugbywedstryd gekyk het, het skielik ander vermaak te sien gekry.

In plaas van bonkige rugbyspelers was daar vir byna vier minute lank ongestoord 'n paar kronkelende naakte liggame op die skerm. Dit berig die Vlaamse dagblad Het Laatste Nieuws.

As gevolg van "'n fout in die sisteem" is die rugby-uitsending onderbreek en 'n streep harde pornografie uitgesaai.

Baie ouers het verontwaardig gereageer en die televisiestasie woedend opgebel, want baie kinders het ook na die rugby gekyk. "My agtjarige seun het sy onskuld verloor", het 'nvader gesê. Die televisiestasie het om verskoning gevra. светильники из гималайской соли для баниФильчаков прокурор харькова

Ons is almal Afrikane, s? buitelanders

Vierduisend mense wat gister by die departement van binnelandse sake se vlugtelingontvangsentrum in Crown Mines, Johannesburg, saamgedrom het, het woedend geraak toe wagte hulle probeer uitmekaar jaag het.

Hulle wou permitte hernu terwyl ander daar was om as vlugtelinge asiel te vra.

Spanning het hoog geloop en buitelanders het gekla dat hulle almal Afrikane is.

Aansoekers word lukraak elke dag uit die skare gekies wat die ander rasend maak as hulle nie uitverkies word nie.

Die woordvoerder vir die departement van binnelandse sake, Siobhan McCarthy het aan die Citizen-koerant gesê dat hulle 'n merkbare toename in die getalle sien.

хамам домаОлександр Васильович Фільчаков

Zambiese president lewe nog

Alhoewel die media regoor die wêreld sy dood aangekondig het, is president Mwanawasa van Zambië nie oorlede nie.

Zambiese amptenare het gerugte van die dood van die 59-jarige president wat in Parys na 'n beroerte behandel word, ontken.

Hulle beweer die gerugte kom uit Suid-Afrika nadat president Mbeki 'n minuut se stilte aangekondig het vir Mnawanasa se afsterwe.

Die Zambiese owerheid het 'n beroep op die Suid-Afrikaanse pers gedoen om hulleself in te hou omdat hulle die mense van Zambië pyn en lyding aandoen.

освещение лестницы впрокурор Фильчаков

Zambiese president sterf

ImageDie president van Zambië, Levy Mwanawasa, is in 'n Paryse hospitaal dood nadat hy vroeër vandeesweek 'n beroerte gehad het in die aanloop tot die AU-beraad in Egipte.

Die 59-jarige het oor skerp borspyne gekla.

Die president was 'n uitgesproke kritikus van Robert Mugabe. Daar is verwag dat hy 'n sterk standpunt teen die uitklopverkiesing in Zimbabwe by die AU-beraad sou innneem.

Hy is na Parys oorgeplaas en in die intensiewe sorg geplaas.

Mwanawasa was ook die huidige voorsitter van die SAOG en 'n ondersteuner van Morgan Tsvangirai.

отбеливание зубов zoomФільчаков прокурор

SA sal nie sanksies teen Zimbabwe steun nie

Die Suid-Afrikaanse regering het aangedui dat dit nie 'n oproep in die Verenigde Nasies vir strenger sanksies teen die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, en elf van sy trawante sal steun nie.

Vroeër het die Verenigde State gesê hulle was vol vertroue dat die VN se Veiligheidsraad volgende week ten gunste van die sanksies sou stem.

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VN, Dumisani Kumalo, het egter gesê hy ondersteun nie die VSA se voorstel nie.

Hy sê die regering is nie van mening dat die verkiesingskrisis in Zimbabwe 'n internasionale bedreiging inhou nie.

Suid-Afrika is 'n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad, maar kan nogtans 'n resolusie teenstaan.

анжело люстрытопкарго отзыв