Reeds het die Britse supermarkgroep Tesco besluit om die land te verlaat nadat die Duitse maatskappy Giesecke & Devrient besluit het om nie langer papier vir die land se banknote te verskaf nie.
Standard Chartered, Barclaysbank, British American Tobacco, BP, Anglo American, Rio Tinto en Falgold is almal by Zimbabwe betrokke.
Die Amerikaanse maatskappye Chevron, Coca Cola en die Kanadese onderneming Bata-skoene doen ook almal sake in die land.
Skuiwe om die land te isoleer mag uitgebrei word na sport met die Internasionale Krieketraad wat daaroor debatteer of hulle Zimbabwe van internasionale mededinging moet uitsluit.
