Zambiese amptenare het gerugte van die dood van die 59-jarige president wat in Parys na 'n beroerte behandel word, ontken.
Hulle beweer die gerugte kom uit Suid-Afrika nadat president Mbeki 'n minuut se stilte aangekondig het vir Mnawanasa se afsterwe.
Die Zambiese owerheid het 'n beroep op die Suid-Afrikaanse pers gedoen om hulleself in te hou omdat hulle die mense van Zambië pyn en lyding aandoen.
