Wang Ji, direkteur van China se Taiwannese aangeleenthedekantoor, het in Beijing gesê dat dit 'n nuwe begin is in die geskiedenis van verhoudings tussen die twee lande.
Die twee het in 1949 verdeel aan die einde van 'n burgeroorlog.
Die Airbus A330 vanaf China is met water bespuit en ongeveer 100 Chinese toeriste is deur 'n tradisionale leeudans by die Yaojoean internasionale lughawe verwelkom.
Ses-en-twintig toergroepe van China sal vandag vanuit Beijing, Sjanghai en Goeangsjoe aankom terwyl nege vlugte na Sjina vanaf Taiwan op dieselfde dag sal vertrek.

Die openingsvlug van die eerste gereelde diens in amper ses dekades het vandag in Taipei geland.