Die twee mans wat Mpho Madevu verlede Dinsdag gesteek het, is nou in die hospitaal waar hulle vir skietwonde behandel word.
'n Woordvoerder vir die Noordwespolisie, Pieter du Plessis sê poging tot moord word ondersoek.
'n Provinsiale ANC-woordvoerder Oupa Matla sê hy kon nie die skietvoorvalle bevestig nie.
Hy het egter verwys na twee nuwe voorvalle in Schweizer-Reneke waarin ANC-lede aangerand is.
