Vroeër het die Verenigde State gesê hulle was vol vertroue dat die VN se Veiligheidsraad volgende week ten gunste van die sanksies sou stem.
Die Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VN, Dumisani Kumalo, het egter gesê hy ondersteun nie die VSA se voorstel nie.
Hy sê die regering is nie van mening dat die verkiesingskrisis in Zimbabwe 'n internasionale bedreiging inhou nie.
Suid-Afrika is 'n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad, maar kan nogtans 'n resolusie teenstaan.
