Obama verander sy Irak-standpunt

Die potensiële Amerikaanse presidentskandidaat, Barack Obama, het skynbaar sy standpunt oor Koalisiemagte in Irak aangepas.

Hy het teenoor verslaggewers in Noord-Dakota aangedui dat indien hy president sou word, hy na alles nie op die onmiddellike onttrekking van Amerikaanse magte in Irak sou aandring nie.

Obama was nog deurgaans 'n driftige teenstaander van die oorlog in Irak.

Hy het blykbaar nou sy posisie hersien en sê nadat hy bevelvoerders geraadpleeg het, is dit duidelik dat sy aanvanklike posisie nie haalbaar is nie.

Hy het aanvanklik gesê dat hy alle troepe binne sestien maande sou laat onttrek.

Die Republikeinse Party het Obama van besluiteloosheid beskuldig.

Segsman Alex Conant sê daar blyk geen vraagstuk te wees waarin Obama onwillig is om 'n ommekeer te maak nie.

 

бензиновый генератор какой выбратьtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae