Zambiese president sterf

ImageDie president van Zambië, Levy Mwanawasa, is in 'n Paryse hospitaal dood nadat hy vroeër vandeesweek 'n beroerte gehad het in die aanloop tot die AU-beraad in Egipte.

Die 59-jarige het oor skerp borspyne gekla.

Die president was 'n uitgesproke kritikus van Robert Mugabe. Daar is verwag dat hy 'n sterk standpunt teen die uitklopverkiesing in Zimbabwe by die AU-beraad sou innneem.

Hy is na Parys oorgeplaas en in die intensiewe sorg geplaas.

Mwanawasa was ook die huidige voorsitter van die SAOG en 'n ondersteuner van Morgan Tsvangirai.

отбеливание зубов zoomФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae