Agt rowers het die park omstreeks 14:30 binnegekom, waarvan vier met 9mm-pistole gewapen was.
Die slagoffer Kurt Dieter Huppe se swanger vriendin en haar dogter het elders in die restaurant op hom gewag.
Volgens die bestuurderes van die Leeupark, het die rowers die totale opbrengs van die park, die winkel en die restaurant vir die dag geneem. Sekere restaurantgangers is ook van persoonlike besittings beroof.

'n 27-jarige man van Benoni is doodgeskiet toe hy sy hande gaan was het by die Leeuparkrestaurant in Muldersdrift. Die voorval het gister by die park plaasgevind met omtrent 1600 besoekers by die park en byna 100 mense in die restaurant.