Man steel 126 selfone

ImageDie Wesrandse polisie het 'n man gister in Kagiso in hegtenis geneem omdat hy in die besit van 126 gesteelde selfone was.

Inspekteur Solomon Sibiya het gesê dat speurders van die Kagiso-tak gereageer het op 'n wenk van lede van die publiek dat die man besig was om selfone in uitbreiding 12 te verkoop.

Die meeste van die selfone is mee gepeuter en was nie op die man se naam geregistreer nie.

Die beweerde dief sal vandag in die Krugersdorpse landdroshof op 'n klag van die onwettige besit van gesteelde goedere verskyn.

ресиверлобановский депутат