Mbeki stelTsvangirai as eerste minister voor

Image

Morgan Tsvangirai

President Thabo Mbeki het voorgestel dat Morgan Tsvangirai eerste minister word maar dat Robert Mugabe as Zimbabwe se staatshoof aanbly, berig die Guardian vandag.

Mbeki het Mugabe Saterdag in Harare ontmoet. Tsvangirai het egter nie die vergadering bygewoon nie.

Daar word verwag dat die G8-lande stappe teen Zimbabwe gaan bespreek vanweë geweld wat teen opposisie-ondersteuners gebruik is.

Die VSA hoop dat die vergadering van wêreldleiers in Japan Mugabe skerp sal veroordeel en die wettigheid van sy regering sal bevraagteken.

гингивит симптомылобановский александр игоревич харьков