Plaaslike bandwydte striem Suid-Afrika se IT-industrie

Suid-Afrika beklee tans die 37ste plek op 'n lys van 66 lande vir mededingendheid in die IT-sektor volgens 'n verslag van die Businees Software Alliance, BSA, se Ekonomiese Intelligensie Eenheid.

Lees verder: Plaaslike bandwydte striem Suid-Afrika se IT-industrie

Politieke aardskudding in Beiere verwag

ImageIndien Die CSU, oftewel die Christen-Sosiale Unie, Sondag in Duitsland hulle algehele meerderheid in die deelstaat Beiere verloor, sal dit niks minder as 'n rewolusie in Duitse politiek wees nie. En vir die eerste keer in 46 jaar lyk dit asof so 'n nederlaag waarskynlik is. Die verlies aan invloed kan verreikende gevolge vir kanselier Angela Merkel inhou.

Lees verder: Politieke aardskudding in Beiere verwag

Die Baader-Meinhofkompleks

'n Nuwe film maak vandeesweek opslae in Duitsland. Der Baader Meinhof Komplex is Duitsland se amptelike inskrywing vir aanstaande

Image

Kinderoppasser met masjiengeweer

jaar se Oscar-kompetisie en beeld die lewens van die twee linkse Duitse terroriste uit die sewentigerjare, Andreas Baader en Ulrike Meinhof, uit.

Lees verder: Die Baader-Meinhofkompleks

‘Daar is geen skeuring in die ANC’ – Pahad

Die uitgaande minister in die presidensie Essop Pahad, het ontken dat daar enige vorm van skeuring in die ANC is. Pahad word oor die

Image

Essop Pahad

algemeen gesien as die mag agter die troon en Mbeki se belangrikste raadgewer.

Lees verder: ‘Daar is geen skeuring in die ANC’ – Pahad

Sneeu in Clarens op 21 September 2008

Klik hier vir 'n panoramiese foto van Clarens met 'n uitsig op die sneeubedekte berge in die rigting van Golden Gate en Lesotho. инструмент дляФільчаков Олександр Васильович прокурор

Lees verder: Sneeu in Clarens op 21 September 2008

Libanese bekommerd oor Siri? se troepopbou

Ongeveer 10 000 Siriese troepe is op die Libanese grens saamgetrek en die opbou het vrese laat ontstaan dat Sirië beplan om hulle kleiner buurland weer te oorheers. Die rede wat Sirië aanvoer vir die groot teenwoordigheid is dat hulle smokkelhandel wil beperk, maar waarskynlik probeer Sirië die verkiesings wat aanstaande Mei in Libanon gehou word, beïnvloed.

Lees verder: Libanese bekommerd oor Siri? se troepopbou

Grusame grondhervorming

Vroeër vandeesmaand het nog 'n mislukte geval van "grondhervorming" onder die publiek se aandag gekom. 'n Plaas-vakansieoord naby Brits wat in Januarie 2008 onteien is, lê verwaarloos terwyl toerusting en waterpompe gesteel is.  Karkasse van diere wat van dors dood is, lê oral rond.

Foto's van die plaas kan in ons galery onder die opskrif nuus besigtig word. Volg die skakel. Let asb op dat dit foto's van dooie diere bevat en sensitiewe besoekers mag onstel word daardeur.

Lees verder: Grusame grondhervorming