'n Bosbok se oorskot lê in 'n toilet waar hy tevergeefs probeer het om aan die dors te ontkom. Vroeër was dit 'n besige vakansieoord waar krippe water aan die diere voorsien het
Die VF Plus gaan 'n vraag aan die betrokke LUR in die Wetgewer stel om te bepaal wie die huidige eienaars van die plaas is. Die eienaar(s) behoort volgens die party van dieremishandeling aangekla te word.
Dit kom voor of niemand ooit weer ná Januarie 2008 die plaas besoek het nie. Daar is ook geen brandpaaie gemaak soos deur die Wet vereis word nie. Die terrein is omhein en indien 'n brand sou uitbreek, sal die diere wat oorgebly het ook doodbrand.
Dit is net nog 'n voorbeeld wat uitwys dat die regering se grondhervormingsplan 'n hopelose mislukking is. Produktiewe plase en vakansieoorde wat vroeër belasting vir die regering ingebring het, lê nou nutteloos en vergaan.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.