Grusame grondhervorming

Vroeër vandeesmaand het nog 'n mislukte geval van "grondhervorming" onder die publiek se aandag gekom. 'n Plaas-vakansieoord naby Brits wat in Januarie 2008 onteien is, lê verwaarloos terwyl toerusting en waterpompe gesteel is.  Karkasse van diere wat van dors dood is, lê oral rond.

Foto's van die plaas kan in ons galery onder die opskrif nuus besigtig word. Volg die skakel. Let asb op dat dit foto's van dooie diere bevat en sensitiewe besoekers mag onstel word daardeur.

'n Bosbok se oorskot lê in 'n toilet waar hy tevergeefs probeer het om aan die dors te ontkom.  Vroeër was dit 'n besige vakansieoord waar krippe water aan die diere voorsien het

Die VF Plus gaan 'n vraag aan die betrokke LUR in die Wetgewer stel om te bepaal wie die huidige eienaars van die plaas is.  Die eienaar(s) behoort volgens die party van dieremishandeling aangekla te word.

Dit kom voor of niemand ooit weer ná Januarie 2008 die plaas besoek het nie. Daar  is ook geen brandpaaie gemaak soos deur die Wet vereis word nie.  Die terrein is omhein en indien 'n brand sou uitbreek, sal die diere wat oorgebly het ook doodbrand.

Dit is net nog 'n voorbeeld wat uitwys dat die regering se grondhervormingsplan 'n hopelose mislukking is.  Produktiewe plase en vakansieoorde wat vroeër belasting vir die regering ingebring het, lê nou nutteloos en vergaan.

насосы длялобановский политик