Libanese bekommerd oor Siri? se troepopbou

Ongeveer 10 000 Siriese troepe is op die Libanese grens saamgetrek en die opbou het vrese laat ontstaan dat Sirië beplan om hulle kleiner buurland weer te oorheers. Die rede wat Sirië aanvoer vir die groot teenwoordigheid is dat hulle smokkelhandel wil beperk, maar waarskynlik probeer Sirië die verkiesings wat aanstaande Mei in Libanon gehou word, beïnvloed.

Sirië het ten spyte van die onttrekking uit Libanon, steeds invloed in die land omdat hulle die gewapende opposisiebeweging Hizbollah ondersteun.

'n Europese diplomaat in Beiroet het gesê kommer neem toe dat Sirië dalk weer kan inmeng. Talle Libanese is self skepties oor die moontlikheid dat Sirië hulle onafhanklikheid oplaas sal erken.

Groot verskille in Libanon heers steeds en die land bly verdeel tussen Soennies en Sjiïete. In Mei hierdie jaar het die onenigheid tussen Hizbollah wat Soennie-gebiede in Beiroet oorgeneem het, byna weer op 'n burgeroorlog uitgeloop.

Kenners meen Iran en Sirië staan reg om hulle bondgenote in Libanon te voorsien van wapens en ammunisie.

купить интернет магазинАлександр Фильчаков прокурор