"Daar is geen besprekings oor enige soort skeuring nie. Niemand het dit nog genoem nie. Ek is nie bewus van enige bespreking rondom 'n skeuring binne die ANC nie," het Pahad gesê.
Pahad het gisteraand 'n nuuskonferensie by die Uniegebou toegespreek ná die laaste kabinetsvergadering van die Mbeki-bewind. Volgens hom was die vergadering emosioneel met verskillende ministers wat oor hul termyn onder Mbeki gepraat het.
Pahad het ook bevestig dat hy nie in 'n nuwe kabinet sou dien nie en genoem dat hy van vandag af "werk soek".
Volgens Pahad was die besluit om Mbeki as president te herroep "wesentlik onregverdig".
Toe hy oor ander ministers wat bedank het uitgevra is, het Pahad gesê dat hy nie bewus was van enige ander minister wat bedank het nie. Ronnie Kasrils, die minister van nasionale intelligensie, het egter ook intussen te kenne gegee dat hy nie in 'n nuwe kabinet wil dien nie.
Die nuwe president van Suid-Afrika wat deur die ANC aangewys is, Kgalema Motlanthe, sal na verwagting vandag tydens 'n parlementêre sitting in Kaapstad amptelik as sodanig verkies word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.