Byna 5 000 mense het die jaarlikse funksie bygewoon wat deur die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini aangebied word.
Volgens die program sou Zuma nie by die geleentheid 'n toespraak lewer nie. Twee jaar gelede is hy gekritiseer omdat hy kritiek teen gays gelewer het.
Die media het op Zuma afgestorm by die Stanger-sportgronde toe hy die koning en die leier van die Inkatha-vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi, na binne gevolg het.
Zuma se teenwoordigheid by die funksie volg op sy bywoning van 'n gedenklesing vir Gert Sibande in Secunda Dinsdagaand. Daar het hy die versekering gegee dat die bedanking van 'n derde van die land se kabinet geen krisis verteenwoordig nie.
