Afrika se eerste kommunikasie satelliet het glo 'n kragprobleem ondervind net 18 maande nadat dit gelanseer is. Die NIGCOMSAT-1 satelliet is deur Sjina gelanseer in 2007 te midde van optimisme dat dit sal help om landelike gebiede te verbind en telemedisyne en afstandonderrig te bevorder.

Selfs Switserland begin wonder of hy immuun is teen die kragte wat Ysland teister.
Zimbabwe word nou bedreig deur die grootste uitbraak nog van die dodelike siekte antraks, wat deur beeste oorgedra word, tesame met die sewe weke lange epidemie van cholera, het 'n internasionale hulpagentskap Maandag gewaarsku.
Suid-Afrika het weer 'n ernstige bloedtekort vir die kersseisoen, het die SA Nasionale bloedbank Maandag laat weet.
'n Mynbouindustrietaakspan is saamgestel om na moontlike oplossing ten opsigte van die globale finansiële krisis te kyk, het die direkteurgeneraal van minerale en energie, Sandile Nogxina Maandag gesê.