Nigerië se ThisDay koerant het gesê dat die satelliet wat 40 miljard Nigeriese dollar werd was, uit sy wentelbaan beweeg het en vernietig is om te voorkom dat dit skade aanrig aan ander satelliete.
Die satelliet se beheermaatskappy beweer egter dat dat die satelliet die maand afgeskakel is nadat daar gevind is dat die batterye vinniger afloop as wat beplan is.
Die sonpanele het volgens die Nigeriese minister van wetenskap en tegnologie ingegee op die Sjineesvervaardigde satelliet.
Die koerant haal anonieme bronne aan wat meen dat die Sjinese die satelliet vervaardig het van minderwaardige materiale.
Akin Soyinka, die voorsitter van die nie-regeringsorganisasie Nigeria Internet Watch, het gesê dat die verlies van die satelliet die land se pogings sal skaad om die digitale gaping te oorbrug.
"Nou is dit alles in die drein af," het Soyinka gesê.
Dit was 'n geostasionêre satelliet, wat veronderstel was om vir 15 jaar lank te hou, en dit was amptelik gemonitor deur die grondbeheerstasie in Abuja, Nigerië. Daar was rugsteunstasies in Sjina, Italië, noord–Nigerië en die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Satellietnavorsing in Hartbeeshoek in Suid-Afrika.
'n Besoek aan die beheersentrum in Nigerië het aan die lig gebring dat daar geen werk gedoen word nie, en dat daar ook geen ingenieurs op die perseel was nie.
Een ingenieur wat elders opgespoor kon word het beweer dat dit gebeur het omdat die satelliet gebreek het, terwyl ander weer beweer dat die rekenaartoerusting lankal reeds gesteel was en dat geen data vir 'n lang tyd ingewin is nie.

Afrika se eerste kommunikasie satelliet het glo 'n kragprobleem ondervind net 18 maande nadat dit gelanseer is. Die NIGCOMSAT-1 satelliet is deur Sjina gelanseer in 2007 te midde van optimisme dat dit sal help om landelike gebiede te verbind en telemedisyne en afstandonderrig te bevorder.