Bloedtekorte vir kersseisoen

ImageSuid-Afrika het weer 'n ernstige bloedtekort vir die kersseisoen, het die SA Nasionale bloedbank Maandag laat weet.

Gedurende die feesseisoen vind daar meer padongelukke plaas, het die SANBD se hoofuitvoerendebeampte, Loyiso Mpuntshe gesê.

Mpuntshe het gesê meer skenkings is nodig as gevolg van die verhoogde padongeluksyfer, maar die probleem word ook vererger deurdat minder mense in die vakansietyd bloed skenk.

"Mense het ander dinge om te doen," het sy gesê.

Mpuntshe het gesê dat in die vakansietyd daar 'n 10% verhoging is in die behoefte vir bloed van die O-groep.

Dit is die enigste bloed wat vir enige pasiënt gegee kan word in 'n noodgeval.

3000 Eenhede bloed is per dag nodig, maar gedurende die vakansieseisoen word daar slegs 2000 eenhede per dag geskenk.

школьные рубашки для девочекФильчаков прокурор харькова