Europese unie praat oor meer hulp en soldate na DRK

08:32:48 Die Europese Unie gaan Vrydag vergader om humanitêre hulp en meer vredesmagsoldate na die DRK te stuur, het die Franse minister van buitelandse sake, Bernard Kouchner, gesê.

Lees verder: Europese unie praat oor meer hulp en soldate na DRK

Jong kiesers wil blykbaar stem

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê dat meer as 3,6 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer, herregistreer of aangedui het hul besonderhede op die kieserslys is korrek. Altesame 'n rekordgetal van 1,6 miljoen nuwe kiesers het die afgelope naweek vir aanstaande jaar se verkiesing geregistreer.

Lees verder: Jong kiesers wil blykbaar stem

Eskom ontken probleme

ImageEskom het Donderdag gesê dat die land nie kragonderbrekings in Januarie en Februarie volgende jaar sal ondervind nie. Algemene bestuurder van die aanvraagkant, Andrew Etzinger, het bevestig dat e-posse die rondte doen waarin beweer word dat die land se netwerk gaan ingee, maar hy het gesê dat die kragstelsel in 'n baie beter toestand is as 'n jaar gelede.

Lees verder: Eskom ontken probleme